AgriSA ATLAS Congress 2025: Building trust and resilience in the age of climate change, biosecurity and misinformation | AgriSA ATLAS-kongres 2025: Bou vertroue en veerkragtigheid in die era van klimaatsverandering, biosekuriteit en waninligting
16 October 2025
Under the banner “Atlas for the Future of Agriculture,” AgriSA’s 2025 Annual Congress convened more than 800 farmers, agribusinesses, scientists and policymakers to confront the defining challenges shaping the future of South African agriculture, namely climate change, biosecurity, and misinformation.
Each of these themes reflects a growing truth: The future of agriculture will depend on trust, in science, in systems, and in one another.
Climate change: A call for adaptation and shared responsibility
Southern Africa is becoming systematically drier and drastically warmer. Multi-year droughts, erratic rainfall, and rising temperatures threaten the viability of crops and livestock systems. Yet within these challenges lies opportunity.
From methane-powered tractors and climate-smart seeds to regenerative farming and carbon markets, farmers and agribusinesses showcased how innovation and collaboration are driving adaptation on the ground.
Several institutions demonstrated how sustainability data and verified practices are opening doors to transition finance, climate-smart certification, and global market access.
“Farmers are already adapting, investing in precision irrigation, soil health, and sustainable inputs,” said Jaco Minnaar, president of Agri SA. “But supporting policies and financing systems must evolve just as fast to further progress.”
Biosecurity: Protecting trust, markets, and livelihoods
Biosecurity has become both the Achilles’ heel and the growth driver of South African agriculture.
Speakers from across the value chain warned that the health of herds, orchards, and crops directly determines the resilience of rural economies and export credibility.
Outbreaks of foot-and-mouth disease, avian influenza, and African swine fever have highlighted the urgent need to rebuild South Africa’s national animal health capacity. At the same time, plant-based industries face tightening phytosanitary standards, delays in product registration under Act 36, and limited innovation pipelines to combat new pest and disease pressures.
“The health of our herds, fields, and orchards underpins not just productivity, it underpins our export reputation,” said Johann Kotzé, CEO of AgriSA. “South Africa’s food integrity depends on coordination, compliance, and collective vigilance.”
Misinformation: The new threat to agricultural progress
Alongside climate and biosecurity risks, the congress spotlighted a quieter but equally corrosive force namely misinformation.
Across social media, policy debates, and public discourse, false or oversimplified narratives about farming, technology, and sustainability are eroding trust in science and damaging the reputation of the sector.
From debates about genetically modified crops, emissions from livestock, and chemical inputs, to misconceptions about water use and subsidies, misinformation undermines evidence-based policymaking and polarises the very partnerships agriculture needs to thrive.
“South African farmers are increasingly judged not by facts, but by perceptions,” said Johann Kotzé, CEO of Agri SA. “We must replace perceptions with evidence, and opinion with data.
“Agriculture cannot afford a credibility crisis, not when global markets demand proof of sustainability and consumers demand transparency.”
A shared vision for agriculture’s future
AgriSA reaffirmed its commitment to building trust through truth, resilience through science, and growth through collaboration.
“Climate change, biosecurity, and misinformation are not isolated threats,” said Jaco Minnaar. “They are the lenses through which every decision in agriculture must now be made. Our task is to align our science, our finance, and our communication, so that South African agriculture can remain both food-secure and globally competitive.”
Enquiries
Johann Kotzé, AgriSA CEO
***************************
16 Oktober 2025
Onder die vaandel “Atlas vir die Toekoms van Landbou” het AgriSA se 2025-jaarkongres meer as 800 boere, landbou-ondernemings, wetenskaplikes en beleidmakers byeengebring om die bepalende uitdagings wat die toekoms van Suid-Afrikaanse landbou vorm, naamlik klimaatsverandering, biosekuriteit en verkeerde inligting, die hoof te bied.
Elkeen van hierdie temas weerspieël ‘n groeiende waarheid: Die toekoms van landbou sal afhang van vertroue, in wetenskap, in stelsels en in mekaar.
Klimaatsverandering: ‘n oproep tot aanpassing en gedeelde verantwoordelikheid
Suider-Afrika word stelselmatig droër en drasties warmer. Meerjarige droogtes, wisselvallige reënval en stygende temperature bedreig die lewensvatbaarheid van gewasse en veestelsels. Binne hierdie uitdagings lê egter geleentheid.
Van metaan-aangedrewe trekkers en klimaatslim saad tot vernuwende boerdery en koolstofmarkte, het boere en landbou-ondernemings gewys hoe innovasie en samewerking aanpassing dryf.
Verskeie instellings het gedemonstreer hoe volhoubaarheidsdata en geverifieerde praktyke deure oopmaak vir oorgangsfinansiering, klimaatslim sertifisering en wêreldwye marktoegang.
“Boere pas reeds aan en belê in presisiebesproeiing, grondgesondheid en volhoubare insette,” sê Jaco Minnaar, president van Agri SA. “Maar ondersteunende beleide en finansieringstelsels moet net so vinnig ontwikkel om dit te rugsteun.”
Biosekuriteit: Beskerming van vertroue, markte en lewensbestaan
Biosekuriteit het beide die Achilleshiel en die groei-aandrywer van Suid-Afrikaanse landbou geword.
Sprekers van regoor die waardeketting het gewaarsku dat die gesondheid van kuddes, boorde en gewasse die veerkragtigheid van landelike ekonomieë en uitvoergeloofwaardigheid direk bepaal.
Uitbrake van bek-en-klouseer, voëlgriep en Afrika-varkgriep het die dringende behoefte beklemtoon om Suid-Afrika se nasionale dieregesondheidskapasiteit te herstel. Terselfdertyd staar plantgebaseerde nywerhede strenger fitosanitêre standaarde in die gesig, vertragings in produkregistrasie ingevolge Wet 36, en beperkte innovasiestrome om nuwe plaag- en siektedruk te bekamp.
“Die gesondheid van ons kuddes, landerye en boorde ondersteun nie net produktiwiteit nie, dit ondersteun ons uitvoerreputasie,” sê Johann Kotzé, uitvoerende hoof van AgriSA. “Suid-Afrika se voedselintegriteit hang af van koördinasie, nakoming en kollektiewe wakkerheid.”
Waninligting: Die nuwe bedreiging vir landbouvooruitgang
Benewens klimaat- en biosekuriteitsrisiko’s, het die AgriSA-kongres ‘n minder opvallende, maar ewe kragtige bedreiging in die kollig geplaas, naamlik waninligting.
Oor sosiale media, beleidsdebatte en openbare besprekings erodeer valse of oorvereenvoudigde beskouings oor boerdery, tegnologie en volhoubaarheid vertroue in die wetenskap en benadeel die beeld van die sektor.
Van debatte oor geneties gemodifiseerde gewasse, emissies van vee en chemiese insette, tot wanopvattings oor watergebruik en subsidies, ondermyn verkeerde inligting bewysgegronde beleidmaking en polariseer die vennootskappe wat landbou nodig het om te presteer.
“Suid-Afrikaanse boere word toenemend nie op feite beoordeel nie, maar op persepsies,” sê Johann Kotzé, uitvoerende hoof van Agri SA. “Ons moet persepsies vervang deur bewyse, en opinie deur data.
“Landbou kan nie ‘n geloofwaardigheidskrisis bekostig nie, nie wanneer wêreldmarkte bewys van volhoubaarheid verwag en verbruikers deursigtigheid eis nie.”
‘n Gedeelde visie vir landbou se toekoms
AgriSA het sy verbintenis tot die bou van vertroue deur waarheid, veerkragtigheid deur wetenskap en groei deur samewerking herbevestig.
“Klimaatsverandering, biosekuriteit en verkeerde inligting is nie geïsoleerde bedreigings nie,” het Jaco Minnaar gesê. “Dit is die lense waardeur elke besluit in die landbou nou geneem moet word. Ons taak is om ons wetenskap, ons finansies en ons kommunikasie te laat ooreenstem, sodat Suid-Afrikaanse landbou beide voedselseker en wêreldwyd mededingend kan bly.”
Navrae
Johann Kotzé, AgriSA HUB