fbpx

Kwanalu

‘Stippel onteiening duidelik uit’, hoor Grondwet-komitee

1 Maart 2019

Netwerk 24

Llewellyn Price

Die parlement moet, om die verse vand die swart en wit Suid-Afrikaners te besweer, dit baie duideliker uitstippel hoe presies die Grondwet gewysig gaan word om grondonteiening sonder vergoeding moontlike te maak, meen oudminster Valli Moosa.

Moosa het Vrydag die ad hoc-komitee wat byeengeroep is om art. 25 van die Grondwet te verander om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, toegespreek.

Hy was saam met oudregter Albie Sachs, en prof. Ruth Hall van die Instituut vir Armoede, Grond en Landelike Studies (Plaas) van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), die drie deskundiges wat die ad hoc-komitee geadviseer het oor hoe om die proses aan te pak.

Dié komitee het Vrydag ook gehoor dat AfriForum se hangende hofsaak teen die parement oor die grontwethersieningskomitee se verslag oor die kwessie, geen impak op sy werksaamhede sal hê nie.

Volgens Moosa, wat destyds een van die argitekte van die nuwe demokratiese Suid-Afrika se Grondwet was, is dit baie belangrik dat die wysigingsproses uiters geloofwaardig moet geskied.

“Die komitee het ‘n enorme en gewigtige verantwoordelikheid.  Dit is omdat dit die eerste keer in 25 jaar sal wees dat die Handves van Menseregte gewysig sal word”.

Hy het ook om versigtigheid gemaan, veral omdat die Grondwet die mees betroubare instelling in Suid-Afrika is én grond ‘n belangrikge en emosionele kwessie is waarop talle politieke partye in hul verkiesingsveldtog sal focus.

Hy meen daar is ‘n wanbegrip onder gewonde landsburgers oor wat presies die komitee moet doen.

“Julle sal dit duidelik en beter aan die publiek moet uitstippel waarmee julle besig is.  Dit is belangrik omdat dit die ekonomie kan help omdat mense beleggings terughou om eers sekerheid oordie grondkwessie te kry.

“Julle moet die uitstippel, want baie mense dink dat ander eiendom, soos intellektuele eiendom, ook bedreig word.”

Volgens Moosa sal die bohaai oor onteiening ook verdwyn as die ad hoc-komitee die proses baie beter kommunikeer.

Hy sê dit is ook onwaar dat art. 25 destyds geskep is om wit mense se grond te beskerm.

Moosa het die komitee ook versoek om nie dieslefde onsekerheid oor eiendom en grond onder swart Suid-Afrikaners te skep as wat die apartheidsera gedoen het nie.

Sachs sê die grondwetwysigingsproses is ‘n “groot oomblik in Suid-Afrika se geskiedenis met enorme simboliese betekenis”.

“Dit is ontwrigtend.  Maar die status quo is nie bevredigend nie.  Dit moet positiewe gevolge hê en nie ontwrigtende gevolge nie.”

Sachs meen deur net ‘n paar woorde by art. 25 te voeg dat onteiening toelaatbaar is, sal baie onvoldoende wees.

Hy meen bykomende programme, strategieë en wette moet ná die wysiging ontwikkel word om grondhervorming betekenisvol te kan toepas.

“Die woorde kan daarom nie net daar gelaat word sonder toepassing nie.  Landsburgers sal dubbeld verslaan voel.  Daar sal ‘n kragtige reaksie wees”, sê Sachs.

Hall sê die verkeerde vrae is in 2018 aan die verkeerde mense in die parlement se openbare sittings oor die kwessie gevra.

“Daar moes aan die uitvoerende gesag gevra word waarom hulle nie grond deur die bestaande art. 25 onteien het nie.”

Sy meen die Grondwet laat wel onteiening sonder vergoeding toe.

Die ad hoc-komitee sit weer volgende Vrydag.