Professor Karaan se skielike heengaan ‘n groot slag! | Professor Karaan’s sudden passing a big blow!
English to follow:
13 Januarie 2021
Agri SA het met leedwese en skok kennis geneem van Professor Mohammad Karaan se skielike heengaan weens Covid. Ons wil graag ons diepste medelye teenoor sy naastes, vriende, kollegas en instellings waar hy werksaam was, uitspreek. Mag julle vertroosting vind in sy nalatenskap en mensliewendheid. Hy was inderdaad ‘n geliefde en hoogs gerespekteerde mens.
Tydens ‘n onlangse vergadering tussen Prof Karaan en die leierskap van Agri SA was daar in detail oor landbou-aangeleenthede gepraat en is idees entoesiasties uitgeruil oor die beste pad vorentoe vir die sektor. Nie net was hy ‘n kenner wat groot agting plaaslik sowel as internasionaal geniet het nie, maar hy het ook sy passie vir landbou met oortuiging uitgeleef.
Sy bydrae op velerlei terreine, veral wat betref sy betrokkenheid by die Nasionale Beplanningskommissie, die stigting van ASUF (Landbousektor Eenheidsforum), die US Landboudepartement en vele ander instellings, was van onskatbare waarde.
Die landbousektor eer sy bydrae en bou voort op sy nalatenskap. Rus sag Prof Karaan.
Ook aan die families van wyle oudminister Gerrit van Rensburg wat Agri-Wes-Kaap in Agri SA se Algemene Raad verteenwoordig het en wyle Welmar Ras van die RSA Markagentskap wat ook by Agri SA se Korporatiewe Kamer betrokke was, ons innige simpatie. Ons sal hulle bydrae tot die sektor en herinneringe met deernis koester.
Navrae
Christo van der Rheede
Agri SA, Uitvoerende direkteur
Pierre Vercueil
Agri SA, President
***********************************
13 January 2021
Agri SA has learned with sadness and shock of Professor Mohammad Karaan’s sudden passing due to Covid. We would like to express our deepest sympathy to his family, friends, colleagues, and institutions where he worked. May you find comfort in his legacy and humanity. He was indeed a well-loved and highly respected person.
During a recent meeting between Prof Karaan and the leadership of Agri SA, agricultural issues were discussed in detail and ideas were enthusiastically exchanged to determine the best way forward for the sector. Not only was he an expert who enjoyed great respect locally as well as internationally, but he also lived his passion for agriculture with conviction.
His contribution in many areas, especially regarding his involvement with the National Planning Commission, the establishment of ASUF (Agricultural Sector Unity Forum), the University of Stellenbosch and its Department of Agriculture and many other institutions, was invaluable.
The agricultural sector honors his contribution and carries on with his legacy. Rest in peace Prof Karaan.
Also, our deepest sympathy to the families of the late former Minister Gerrit van Rensburg who represented Agri Western Cape in Agri SA’s General Council and the late Welmar Ras of the RSA Market Agency who was also involved with Agri SA’s Corporate Chamber. We will cherish their memories with compassion.
Enquiries
Christo van der Rheede
Agri SA, Executive Director
Pierre Vercueil
Agri SA, President