Facebook Pixel

Kwanalu

Fokus op effektiewe implementering van grondplanne | Focus on effective implementation of land reform plans

English to follow:

7 Desember 2021

Die grond-debat het oor die laaste dekade toenemend meer radikaal geraak. Die poging tot wysiging van artikel 25 van die Grondwet, was hopelik die laagtepunt van radikale benaderings tot grondhervorming. ‘n Gebrek aan vordering met grondhervorming het waarskynlik bygedra tot hierdie klimaat van radikalisme en polarisasie.

Agri SA verwelkom die erkenning van die belangrikheid van titelaktes tydens die debat asook die voorneme om begunstigdes deel te maak van die ekonomie. Titelaktes is ‘n uiters effektiewe manier om ware en volhoubare ekonomiese bemagtiging van begunstigdes te verseker.

“Die uitkoms van die debat rakende die wysiging van artikel 25 in die Parlement vandag is positief vir die toekoms van Suid-Afrika, en sal daartoe bydra om vertroue in die ekonomie te begin herstel”, het Jaco Minnaar, Agri SA se President gesê. Die voorgestelde wysiging het nie die vereiste twee derde meerderheid stemme gekry nie.

“Dit is krities belangrik dat daar nou wesenlike vordering gemaak moet word met daadwerklike en volhoubare planne om grondhervorming te laat slaag. Dit moet gebeur binne die bestaande beleids- en wetgewingsraamwerk. Dit sluit programme soos die gemengde finansiering en die Landbou en Agro-prosesseringmeesterplan (AAMP). in. Daar moet ook gekyk word na werkbare insentiewe vir grondhervorming en die vennootskapsbenadering behoort sterk ondersteun te word”. Dit was die reaksie van Willem de Chavonnes Vrugt, voorsitter van Agri SA se Grond Sentrum van Uitnemendheid, na afloop van die debat in die Parlement oor die wysiging van artikel 25 van die Grondwet.

Die verslag van die hoëvlak paneel onder leiding van voormalige adjunk-president Kgalema Motlanthe in 2017, wat onder andere bevind het dat artikel 25 nie ‘n struikelblok tot grondhervorming is nie, maar eerder ander faktore soos ‘n ontoereikende begroting, swak implementering, korrupsie en ‘n gebrek aan politieke wil, is steeds in die kol”, het Chavonnes Vrugt gesê. “Die klem moet val op effektiewe implementering. Die hoëvlak paneel se aanbevelings behoort weer aandag te kry, en ons moet almal ons gewig ingooi by die gemengde finansieringsprogram en die landbou meesterplan”, het hy ten slotte gesê.

Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA het in sy reaksie klem gelê op die belangrikheid van suksesvolle, volhoubare grondhervorming vir sosiomaatskaplike bestendigheid in Suid-Afrika.

Navrae

Annelize Crosby – Hoof: Grond en Regsake

Willem de Chavonnes – Vrugt Voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Grond

Christo van der Rheede – Uitvoerende Direkteur van Agri SA

Jaco Minnaar – Agri SA President

************************************

7 December 2021

The land debate has become increasingly radical during the past decade. The attempt to amend section 25 of the Constitution was hopefully the lowest point in the radical approach to land reform. A lack of progress with land reform has probably contributed to this climate of radicalism and polarisation.

Agri SA welcomes the acknowledgement during the debate that title deeds are important, as well as the intention to make beneficiaries part of the economy. Title deeds are an extremely effective way to ensure real and sustainable economic empowerment of beneficiaries.

“The outcome of the debate on the amendment of section 25 of the Constitution in Parliament today is positive for the future of South Africa and will contribute towards renewed confidence in the economy”, said Jaco Minnaar, the president of Agri SA. The proposed amendment failed to secure the required two-thirds majority of votes.

“It is critically important that we now make real progress, with effective and sustainable plans to make a success of land reform. This must happen within the existing policy and legislative framework, including programmes such as blended finance and the agricultural and agro-processing master plan (AAMP). Attention must also be given to workable incentives for land reform, and the partnership approach should be strongly supported.” This was the response of Willem de Chavonnes Vrugt, chair of Agri SA’s Centre of Excellence: Land after the parliamentary debate on the amendment of section 25 of the Constitution.

According to Chavonnes Vrugt, “The report of the high-level panel lead by former deputy president Kgalema Motlanthe in 2017 which, among others, found that section 25 does not pose an obstacle to land reform, but rather other factors such as inadequate budgets, poor implementation, corruption and a lack of political will, remains relevant. The emphasis must be on effective implementation. The high-level panel’s recommendations should be revisited and we need to support the blended finance programme and agricultural master plan”, he added in closing.

In his reaction, Christo van der Rheede, executive director of Agri SA, emphasised the importance of successful, sustainable land reform for social stability in South Africa.

Enquiries

Annelize Crosby Head: Land and legal Affairs

Willem de Chavonnes Vrugt Chair of Agri SA’s Centre of Excellence: Land

Christo van der Rheede Executive director Agri SA

Jaco Minnaar Agri SA President