Ekonomiese oorsig vir die Suid-Afrikaanse Landbou 2016/17
Martina Benadé, Ekonomie en Handel
Landbou se prominente, indirekte rol in die ekonomie is ‘n funksie van terugwaartse en voorwaartse skakelings met ander sektore. Aankope van goedere soos kunsmis, brandstof, verpakkingsmateriaal, implemente en chemikalieë vorm terugwaartse skakeling met die vervaardigingsektor, terwyl voorwaartse skakeling teweeggebring word deur die verskaffing van grondstowwe tot die vervaardigingsbedryf. Sowat 70% van die landbou-uitset word gebruik as intermediêre produkte in dié sektor. Landbou is dus ‘n belangrike sektor en ‘n belangrike enjin van groei vir die res van die ekonomie. Hierdie en ander inligting word in ‘n 6 maandelikse publikasie uiteengesit en bied inligting oor die makro-ekonomiese posisie van landbou. Die fokus areas sluit ook die berekening van landbou se bydrae tot die nasionale ekonomie en die bepaling van neigings met betrekking tot die belangrikste landbou ekonomiese aanwysers, in. Die publikasie van die direktoraat statistiek en ekonomiese analise is op die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se webtuiste
https://www.daff.gov.za/daffweb3/Portals/0/Statistics %20and%20Economic%20Analysis/Economic%20analysis/ Economic%20Review%202016_17.pdf