fbpx

Kwanalu

Congress Report 2012 – Afrikaans

VERSLAG VAN DIE KWANALU KONGRES
GEHOU OP DONDERDAG 13 SEPTEMBER 2012
BY DIE ROYAL SKOU, PIETERMARITZBURG
KONGRESTEMA
“Om die landbousektor
as een van KwaZulu-Natal se grootste bates te erken”
Kongres spreek die uitdagings en geleenthede aan van
Visie 2030
en bespreek die rol van die landbousektor in KwaZulu-Natal
1. Registrasie
2. Welkom
Die voorsitter, mnr. Brian Aitken, het die vergadering tot orde geroep en die tema van die
Kongres herhaal. Hy het mnre. John Black en Warwick Barnsley en mnr. Möller en mev.
Annelize Crosby van Agri SA verwelkom, asook studente van Weston Landboukollege en
Zakhe. Die verteenwoordigers van die Royal Landbouvereniging mnre. Jere Giles en
Graeme MacKenzie, Eskom, die Veediefstaleenheid, die Grondhervormingskantoor, die
pers en alle afgevaardigdes is ook welkom geheet.
Verskonings is in die bywoningsregister aangeteken.
3. Skriflesing en gebed
Mnr. Andy Buchan het die Kongres met skriflesing en gebed geopen.
Hy het gelees uit Deut. 8:11-17 en gesê dat ons nie moet vergeet wat ons alles uit God se
hand ontvang nie. Daarna het hy die Kongres met gebed geopen.
Die voorsitter het mnr. Buchan vir sy bydrae bedank.
4. Mosies
Die voorsitter het die Kongres versoek om staande ‘n oomblik van stilte te handhaaf ter
herinnering aan diegene wat geliefdes verloor het en ook die wat slagoffers van misdaad
was sedert die 2011-kongres.
5. Konstituering van die Kongres
Die HUB, mev. Sandy La Marque, het bevestig dat daar behoorlik kennis van die Kongres
gegee is. Met die verteenwoordigende afgevaardigdes teenwoordig, is ‘n kworum gevorm
en die Kongres is behoorlik gekonstitueer. Aangesien nominasies ontvang is vir die
beskikbare setels vir kommoditeite, agri-besigheid en FWI, sal sodanige genomineerdes in
die Raad van Direkteure dien en geen stemming sal gehou word nie.
6. Aankondigings
Die HUB het bostaande tema van die Kongres beklemtoon en het almal aangemoedig om
aan die debatte deel te neem en aan hulle keisafdelings terug te rapporteer
7. Presidentsrede
Die voorsitter het sy toespraak aan die Kongres voorgelê. ‘n Afskrif daarvan word hierby
aangeheg.
Mnr Aitken het gesê alhoewel die afgelope jaar vol uitdagings vir die landbou was, het die
bedryf redelik ongeskonde daarvan afgekom.
Hy wou weet waarom die landbou steeds negatief voel en het die volgende faktore
genoem wat boere se vertrouensvlakke beïnvloed:
1) Grond en Transformasie
2) Veiligheid en Sekuriteit
3) Kommersieel en ekonomies
4) Infrastruktuur en hulpbronne
5) Kommunikasie en beeld
2
Met verwysing na grond en transformasie, het hy gesê die ANC het bevestig dat
onteiening onderworpe is aan vergoeding as deur albei partye ooreengekom is oor die
waarde van die onteiende eiendom of as dit deur ‘n wetlike hof bepaal is.
Hy is van mening dat die regering nie sleg gevaar het met betrekking tot die
herverspreiding van produktiewe grond in wit besit aan swartes nie. Suid-Afrika is baie
naby aan die mikpunt van die verspreiding van 30% van die land se landbougrond teen
2014. Die oudit wat deur Kwanalu self gedoen is, het daarop gedui dat die inligting korrek is
en hy het lede bedank vir hulle deelname in hierdie verband.
Die president het gevra vir bevestiging van die sonsondergang van die 30%
grondoordragte. Drie dinge is nodig vir grondhervorming – grond, geld en vaardighede. As
een van die drie ontbreek, sal die proses misluk. Om grondhervorming te laat slaag, sal die
regering op boere se kundigheid moet staatmaak en dit is die uitdaging waarvoor hulle te
staan kom.
Sover dit veiligheid en sekuriteit aangaan, het hy gesê ons ly steeds aan die hande van
misdadigers op gebiede soos veediefstal, plaasaanvalle en algemene diefstal.
Laasgenoemde sluit diefstal van gewasse in.
In die afgelope twee jaar het die ergste verwarring in menseheugenis in die finansiële en
komoditeitsmarkte voorgekom. Dit het die ideale geleentheid geskep om vertoë tot die
regering te rig vir beter behandeling van ons sektor. Ons het boweal ‘n behoefte aan
voedselsekuriteit vir die nasie.
Na onlangse reise regoor die provinsie, het die volgende sake uitgestaan:-
– Die sigbare agteruitgang van die toestand van baie paaie en
– die gebrek aan spoor-infrastruktuur.
Kommunikasie met sy lede is baie belangrik vir die organisasie en hy het benadruk dat daar
baie inligting op Kwanalu se webblad beskikbaar is.
Volgens hom moet die land wat ons beoog om teen 2030 tot stand te bring regverdig, billik,
vooruitstrewend en onpartydig wees en daarvoor is die aktiewe bydraes van alle SuidAfrikaners
nodig.
Kwanalu se leierskap is baie belangrik. As hy gevra sou word of hy in landbou sal belê, sal
hy oorweldigend ja antwoord. Die tien jaar wat voorlê, gaan nie maklik wees nie, maar as
ons die uitdagings aanpak, is niks onmoontlik nie. Die geleenthede is daar en hy het almal
uitgedaag om uit te gaan en ‘n blink toekoms daar te stel.
As ‘n Unie, staan Kwanalu vas by die onderskeie beginsels wat die grondslag vorm van hoe
ons besigheid bedryf word. Kwanalu het die talle uitdagings waarvoor dit te staan gekom
het, suksesvol aangepak. In die geskiedenis van georganiseerde landbou, was leierskap
nog nooit so belangrik soos juis nou nie.
Ter afsluiting het hy sy dank uitgespreek teenoor Kwanalu, die Raad, Manco, die groeiende
ledetal, die regering en ander rolspelers.
Hy het herhaal dat vir Kwanalu om suksesvol te wees, boere sukses moet behaal.
Die vise-president, mnr. Gumede het die president vir sy toespraak bedank. Hy het gesê
die president het belangrike sake aangeroer wat die bedryf raak. Geen ondersteuning word
van die regering verkry nie en hy het gewonder of Kwanalu die doelstellings sal bereik,
veral ten opsigte van grondhervorming. Opkomende boere streef daarna om kommersiële
boere te word. Die Beplanningskommissie moet aan al hierdie aspekte aandag skenk. Die
Visie vir 2030 dui op uitbreiding van besproeiingskemas, waarvan daar slegs vier in KZN is.
Hy het voorgestel dat die president se toespraak aanvaar word.
3
8. Strategiese plan 2011/2012
Die HUB het die Strategiese plan vir 2011/2012 voorgelê.
Sy het terugvoering gegee oor van die sake wat gedurende die afgelope jaar behandel is
en wat soos volg onderverdeel is:-
– Transformasie en landelike ontwikkeling
– Landelike veiligheid en sekuriteit
– Natuurlike hulpbronne
– Arbeids- en maatskaplike belegging
– Kommersiële beleid
– Kommunikasie en beeldbou
Grond
Sy het gesê met betrekking tot eise van huurarbeiders, was daar min of geen vordering nie.
Geen akte is aan begunstigdes oorgedra nie en sover dit restitusie aangaan, het bitter min
gebeur. Om die waarheid te sê het eise in een jaar verdubbel.
Groenskrif
Die beleidsvoorstel het gehandel oor ‘n vinnige en fundamentele verandering ten opsigte
van grond, vee, gewasverbouing en die gemeenskap en daar is veral aandag geskenk aan
die volgende onderliggende beginsels:-
– Om die landelike ekonomie te de-rasionaliseer
– Demokratiese en regverdige grondtoewysing en die gebruik daarvan oor ras-, geslag
en klas heen.
– ‘n Deurlopende produksie-dissipline vir voedselsekuriteit.
Sy het bevestig dat Kwanalu op verskillende vlakke met die regering, Agri SA en ‘n
Nasionale Verwysingsgroep gesprek gevoer het.
Volgens haar is die pad vorentoe van hier af, betrokkenheid by die verskillende
departemente en samesprekings met die KZN Provinsiale Beplanningskommissie.
Kwanalu se beleid, waarvoor ‘n mandaat deur die Kongres verleen is, is:-
“Argumentshalwe kan aangevoer word dat die grootste verswakkende faktor vir die
landbousektor in KwaZulu-Natal die regering se versuim is om die drie bestaande
grondhervormingsprogramme, naamlik restitusie, herverspreiding en grondbesithervorming
te implementeer. KwaZulu-Natal word onder andere, geteister deur wanadministrasie,
nepotisme, korrupsie, ‘n totale gebrek aan deursigtigheid en minagting van die letter van
die wet.”
Kwanalu het van die begin af sy steun toegesê aan grondhervorming en sal dit steeds doen
deur talle projekte en ingrypings deur Kwanalu se lede en die organisasie in die geheel.
Kwanalu se standpunt was dat ‘n grondoudit van landbougrond gedoen moet word omdat
daar geen enkele bron van inligting oor die patrone van eienaarskap van landbougrond
bestaan nie.
Die sleutel tot die sukses van die grondoudit was deelname deur boereverenigings. Nuwe
sagteware het tot finale stadiums gelei wat onmiddellike bywerking moontlik gemaak het.
Uit die oudit het dit geblyk dat ongeveer 35% grond geen eienaars gehad het nie en die
uitdaging in hierdie verband was om hierdie grond toe te wys. Sy het bevestig dat KZN die
eerste provinsie was wat ‘n grondoudit uitgevoer het.
Mev. La Marque het bevestig dat Kwanalu betrokke is by verskeie transformasieprojekte,
naamlik:-
– Isibonelo Gemeenskapsgrondtrust en
– Templeton Stigting & Universiteit van Missouri
4
Sy het bevestig dat Kwanalu oor ‘n Sekuriteitslessenaar beskik wat met veiligheid en
sekuriteit verband hou. Sy het verskeie punte beklemtoon wat deur die Sekuriteitslessenaar
hanteer word.
Met behulp van ‘n oorhoofse projektor, het sy Kwanalu se statistieke oor plaasmoorde en
–aanvalle bekend gemaak. Aangesien die SAPD ‘n moratorium op statistieke geplaas het,
is dit statistike wat deur Kwanalu se Sekuriteitslessenaar bekom is.
Natuurlike hulpbronne
Die HUB het gesê die volgende uitdagings word in die gesig gestaar:-
– Watersake (watergebruik en lisensiëring)
– Omheining
– Paaie
– Telekommunikasie
– Elektrisiteitstoevoer (Eskom)
– Rampe (droogte, gebrek aan ondersteuning van die departement)
Arbeids- en maatskaplike belegging
Sy het genoem dat die minimum loonvasstelling vroeg in die jaar bekend gemaak is met
miskenning van metodologie en gebrek aan oorweging van insette wat tydens publieke
verhore gelewer is.
Die vier wetsontwerpe wat tans op die tafel is, is:-
– Die wysigingswetsontwerp op Arbeidsverhoudinge
– Die wysigingswetsontwerp op Basiese Diensvoorwaardes
– Die wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming
– Die wysigingswetsontwerp op Diensverskaffing
Kommersiële beleid
Sy het gesê Kwanalu se barometer vir eiendomsbelasting is van stapel gestuur.
Daar is gesprek gevoer met SAID oor terugbetalings van BTW en diesel. Sy het boere
aangeraai om aan die vereistes te voldoen en nie inligting te manipuleer nie. Sy het
saamgestem dat van die prosesse tydrowend is.
Daar is ‘n opname gedoen van AgriZone-produkte, wat spesifiek gevra het of boere
negatief beïnvloed is, aangesien iets ‘n invloed op pryse in KZN uitoefen. Sy het bevestig
dat die saak verder ondersoek word.
Mineraal- en petroleumhulpbronne
Die HUB het bevestig dat daar teen Oktober 2010 meer as 100 000 aansoeke ontvang is
en dat dit kommerwekkend is.
Sover dit grondbreking aangaan, het sy bevestig dat die moratorium vroeg in September
opgehef is en dat aandag geskenk moet word aan hoe om die saak te benader. Sy het
gesê dat die aansoek om ontginning deur SASOL in die Vrystaat, Oos-Kaap en KZN oor
meer as 105 000 km2 strek.
Kommunikasie en beeldbou
Kwanalu spits hom daarop toe om te verseker dat sy kommunikasie akkuraat en relevant
is. Kwanalu se webwerf word op groot skaal gebruik om bygewerkte en relevante inligting
aan lede te verskaf.
Regsfonds
Sy het afgevaardigdes herinner aan die besluit wat by verlede jaar se Kongres aanvaar is,
waar ooreengekom is dat ‘n Regsfonds tot stand gebring sal word. Sy het deelname
daaraan as goed beskou en het die boereverenigings wat betrokke geraak het bedank,
maar terselfdertyd ‘n uitdaging gerig aan diegene wat nog nie betrokke is nie, om dit
onverwyld te doen.
5
Lidmaatskap
Met betrekking tot lidmaatskap, het sy gesê Kwanalu is ‘n outonome, nie-winsgewende,
vrywillige organisasie wat by Agri SA geaffilieer is. Sy het gesê boereverenigings het
afgewyk van die lidmaatskapbeleid en sy is bekommerd dat diegene wat nie ledegeld bydra
nie, vat van die wat dit wel doen.

Afsluiting
Sy het gesê Kwanalu volg ‘n sterk, etiese en professionele benadering. Die beeld van
toegeeflikheid, maatskaplike en morele waardes en besigheidsetiek word voorop gestel.
Kommunikasie met rolspelers is belangrik.
Die voorsitter het die HUB bedank vir haar verslag en gesê baie werk word deur ‘n baie
klein personeel gedoen.
9. Finansiële State vir die jaar geëindig 30 Junie 2012
Die HUB het gesê die jaar het in Junie 2012 geëindig en nadat die oudit voltooi is, is
afskrifte van die finansiële state aan afgevaardigdes gepos. Sy het die geouditeerde
finansiële state aan die Kongres voorgelê.
Projekte is omkring en toegewys.
10. Jaarlikse ledegeld & begrotingsvoorstel
Sy het die voorgestelde inkomste en uitgawes voorgelë vir die jaar wat in 2013 eindig.
Die HUB het die Kongres ingelig dat, ingevolge Kwanalu se Grondwet, die Raad van
Direkteure ledegeld vir die jaar 2013/2014 vasgestel het. Die R&V-koers is ten opsigte van
raadslede in ag geneem en daarom sal die ledegeld dienooreenkomstig soos volg verhoog:
• Kommersiële boere (BTW ingesluit)
– R1 830 indien ontvang teen 30 September 2013 of R1 936.20 indien daarna
ontvang word
• Deeltydse / kleinhoewe boere (BTW ingesluit)
– R916 indien ontvang teen 30 September 2013 of R968 indien daarna ontvang word
• Voorheen benadeelde boere (BTW ingesluit)
– R250
Die begroting vir 2013/2014 wat deur Kwanalu se Raad van Direkteure goedgekeur is, is
aan die Kongres voorgelê.
Die voorsitter het die vloer oopgestel vir vrae, maar geen vrae is gestel nie.
11. Aanvaarding
Mnr. Robin Barnsley het gesê boere kry baie vir min geld. Die begroting gee goeie waarde
vir geld. Hy het nie vir ‘n oomblik geaarsel om die aanvaarding van die finansiële state, die
begroting en die ledegeld voor te stel nie. Die voorstel is gesekondeer en eenparig
AANVAAR.
12. Resolusie : Grondwetlike wysigings
Die HUB het die voorgestelde wysiging wat aan afgevaardigdes gestuur is, aan die
Kongres voorgelê, naamlik:-
“14 VERKIESING VAN AMPSDRAERS
14.4 “Die presidensiële termyn sal nie langer strek as twee agtereenvolgende jare nie.
Dit kan egter met ‘n meerderheidstem verleng word.”
Mnr. Robin Barnsley het die aanvaarding van die resolusie om die Grondwet te wysig,
voorgestel. Hy het gesê leierskap is baie belangrik en dit is baie maklik om terug te sit en
die huidige leiers te laat voortgaan. Daar bestaan ‘n behoefte aan pleeg-leierskap in die
Organisasie.
Die wysiging is gesekondeer en eeparig AANVAAR.
6
13. Oorhandiging van toekennings
Die HUB het die Kongres meegedeel dat die Grondwet erkenning toelaat van persone wat
uitsonderlike diens aan die Organisasie en/of landbou gelewer het en daarom het die Raad
Erelidmaatskap toegeken aan:-
– Mev. Joan Anderson, wat die FWI sedert 2003 op Kwanalu se raad verteenwoordig het.
– Mnr. Hennie de Villiers, wat oorspronklik vanaf 1982 in die raad van die Natalse
Landbou-Unie en daarna tot op datum in Kwanalu se raad gedien het.
– Mnr. Warwick Barnsley, wat oorspronklik vanaf 1990 in die raad van die Natalse
Landbou-Unie en daarna tot op datum in Kwanalu se raad gedien het.
Al die betrokkenes het die Kongres bedank vir die eer wat hulle aangedoen is.
Die voorsitter het die drie persone geluk gewens met die toekenning wat hulle ontvang het
en hulle bedank vir alles wat hulle vir die landbou beteken het.
14. Erkenning aan Borge
Die voorsitter het al die borge bedank vir hulle ruim borgskappe ten opsigte van die
Kongres.
15. Tee
Die Kongres het verdaag vir tee.
Die voorsitter het sy dank teenoor NEDBANK uitgespreek vir die borg van hierdie sessie.
16. Scenario : Kwanalu se beleidsposisies soos gestel deur die president, mnr. Brian
Aitken
Die voorsitter het gesê hierdie sessie onder die opskrif “KZN Visie 2030” is deur NEDBANK
Besigheidsbankdienste geborg.
Hy het gesê Kwanalu is ‘n onafhanklike, nie-regerings, vrywillige organisasie van boere en
landelike inwoners wat verenig is om hulle probleme te ontleed en stappe te formuleer om
oplossings vir hulle probleme te vind.
Sy algemene oorsig het soos volg gelui:-
– Landbou se bydrae tot ADP het in 2010 tot 2.5% gekrimp
– Die aantal mense in diens in die sektor het afgeneem
– Die landbousektor is verantwoordelik vir 4.7% van alle werksgeleenthede
– Plase vorm 5% van alle kommersiële boerdery-eenhede maar is verantwoordelik vir
een-derde van kommersiële boerderyinkomste
– KZN het amper 30% van nasionale landbou-uitset geproduseer
Kwanalu is bekommerd oor:-
– Onsekerheid oor grondbesit
– Beskerming van produktiewe landbougrond en hulpbronne
– Stadige gang en mislukking van grondhervormingsprogramme
– Vertragings om toegang te verkry tot Ingonyama Trustgrond
– Die stygende koste van kapitaal en ander insetkoste
– Gebrek aan kundigheid
– Navorsing en ontwikkeling
– Veeartsenykundige dienste
– Rampbestuur
– Ontwikkeling van opkomende kommersiële boere
– Veiligheid en sekuriteit
– Bestuur en beleid
– Infrastruktuur
Beskikbare geleenthede:-
– Gees van welwillendheid in die landbousektor
– Groter gehoorsaamheid aan wetgewing
7
– Eie inisiatiewe
– Goed geposisioneer
– Sterk, goed georganiseerde institusionele struktuur
Hy het afgesluit deur te sê:-
– Kwanalu streef na die algemene welvaart van alle aspekte van boerdery en landelike
lewe deur ekonomiese geleentheid, maatskaplike voortuitgang en opvoedkundige
verbetering
– Kwanalu se standpunt is dat eiendomsregte en persoonlike vryheid deur die SuidAfrikaanse
Grondwet gewaarborg word en noodsaaklik is vir die algemene welvaart.
Daarom moet hierdie vryhede beskerm word.
– Ekonomiese vooruitgang word die beste bereik in ‘n vrye mark stelsel.
17. Toespraak deur mnr. Peter Miller, Spesiale Adviseur tot die Premier van KwaZuluNatal,
wat in die Provinsiale Beplanningskommissie dien
“Die KZN Visie 2030”
Die voorsitter het mnr. Peter Miller aan die vergadering voorgestel. Hy is in Kokstad gebore
en het sy opleiding aan die Universitiet van KZN ontvang.
Mnr. Miller het die Kongres bedank vir die geleentheid om die vergadering toe te spreek.
Hy is die enigste lid van die Kommissie wat oor ‘n mate van kennis beskik van die distrikte
waarvan die meeste van die afgevaardigdes afkomstig is.
Hy het aangevoer dat KZN dien as deurgang tot Suid-Afrika tot Afrika en dan tot die wêreld
en omgekeerd en dus die basis van handelsversendings en ontvangste is.
In Februarie 2011 het die Premier ‘n kommissie aangestel wat ‘n opname moes doen en ‘n
langtermyn visie en strategie vir KZN moes ontwikkel. Die strategie is in Augustus 2011
aan die Kabinet voorgelê, wat dit aanvaar het en tot Februarie 2012 tyd aan die Kommissie
verleen het om ‘n plan te ontwikkel. Die plan is in September 2012 ontwikkel en is aan
almal bekend gestel, wat ‘n uitdaging op sigself was.
Die Kommissie moes ‘n oorsig daarstel en aandag skenk aan:-
– Maatskaplike probleme
– Ekonomiese probleme
– Omgewingsake
– Probleme in verband met infrastruktuur
– Bestuursprobleme en
– Ruimtelike aangeleenthede
Hulle moes ook aandag skenk aan die doelwitte, ingrypings en katalistiese projekte wat
oorweeg moet word. Alles wat die Kommissie doen, word gedoen in ooreenstemming met
die Nasionale Ontwikkelingsplan vir die land.
Hy het die institusionele raamwerk vir PGDS/P en hulle implementering verskaf.
Hulle visie is om die ekonomie te laat groei en so die lewensgehalte van alle mense wat in
die provinsie van KwaZulu-Natal woon te verbeter.
Hulle het ‘n basislyn nodig vanwaar die proses kan begin. KZN 2030 Visie moet ‘n
voortuitstrewende provinsie wees met ‘n gesonde, stabiele en kundige bevolking, wat dien
as deurgang tot die wêreld.

Daar is sewe strategiese doelwitte wat bereik moet word – werkverskaffing, menslike
hulpbronontwikkeling, menslike en gemeenskapsontwikkeling, strategiese infrastruktuur,
omgewingsvolhoubaarheid, bestuur en beleid en ruimtelike billikheid.
Die Kommissie kan op ‘n kaart aandui hoe ‘n bevoegde, responsiewe, saamwerkende
regering wat omgee te werk moet gaan. Die doel met die plan is om ‘n aanduider en
8
doelwitte te hê waarheen hulle moet groei om ingrypings aan te dui en dit dan te moniteer,
evalueer en daaroor verslag te doen.
Strategiese doelwitte
– Doelwit 1 – Werkskepping
– Die daarstelling van landboupotensiaal
– Apex aanduiders
– Totale waarde van uitset van alle sektore in die provinsiale ekonomie
– Totale werkverskaffing in alle sektore in die provinsiale ekonomie
– Toename per kapita bydrae tot GDP
– Opkomende boere moet nie vir altyd as opkomende boere geag word nie
– Ten minste een miljoen hektaar grond wat in die Ingonyama Trust geleë is, moet by
landbougrond ingesluit word
– Die verdigting van woongebiede is nodig
– 40% grond in KZN wat by die Ingonyama Trust ingesluit is, is onder die regering se
beheer
Die boere in KZN is die enigste mense wat landbouproduksie kan laat gebeur. Die
Kommissie soek na toegewyde rolspelers in die regering, die besigheidswêreld en die
arbeids- en gemeenskapsektor en hy hoop dat landbou ook hierby gevoeg kan word.
– Doelwit 2 – Die ontwikkeling van menslike hulpbronne
– Dit moet ‘n gemeenskap wees wat deeglik onderrig is
– Doelwit 3 – Menslike en gemeenskapsontwikkeling
– Volhoubare huishoudelike voedselsekuriteit
– Ingryping het absoluut geen resultate tot gevolg gehad nie
– Doelwit 4 – Strategiese infrastruktuur
– Verbeter water, hulpbronbestuur en toevoer
– Doelwit 5 – Omgewingsvolhoubaarheid
– Verhoog produktiewe grondgebruik
– Doelwit 6 – Bestuur en beleid
Uitbou van regeringskapasiteit
– Doelwit 7 – Ruimtelike regverdigheid
– Moet nie grond vat vir behuising nie
Hy het gesê voorstelle word tans oorweeg.
Die voorsitter het aangekondig dat die vloer vir vrae oopgestel sal word na die volgende
gas se toespraak.
18. Toespraak deur prof. Johan Kirsten – Departementshoof – Departement van
Landbou-ekonomoie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling, Universiteit van
Pretoria.
‘Die Nasionale Ontwikkelingsplan – Visie 2030: Watter rol sal die landbou speel?”
Die voorsitter het prof. Johan Kirsten aan die vergadering voorgestel.
Hy het die plan, die basiese beginsels en waar die landbou kan inpas, verduidelik. Hy het
gesê die Provinsiale Beplanningskommissie het doelwitte gestel maar dat die bereiking van
doelwitte nie een van ons beste eienskappe is nie.
Die Nasionale Ontwikkelingsplan het kennis geneem van probleme waarvan in 2011
melding gemaak is, waaronder te min werksgeleenthede, die verbrokkeling van
infrastruktuur, hulpbron-intensiewe ekonomie, ruimtelike verdelings, swak onderwys, ens.
Die Plan is in Augustus 2012 vrygestel en op 10 September 2012 deur die Kabinet
goedgekeur. Die doelwitte is onder andere:-
– Om die aantal huishoudelike verdienstes te verminder,
9
Visie 2013 vir landelike ekonomie
Hy het gesê daar is groter geleenthede vir landelike gemeenskappe om aan die
ekonomiese, maatskaplike en politieke lewe deel te neem. Die dryfkrag moet wees die
uitbreiding van besproeiing en die benutting van onbenutte ploegbare grond.
Met betrekking tot die landbou het hy die vraag gevra: wat anders gedoen kan word om die
situasie om te keer? Volgens hom beskik die landbou oor die potensiaal, maar Suid-Afrika
moet:-
– Besproeiing uitbrei
– Van die onderbenutte grond in die kommunale gebiede en in grondhervormingsprojekte
by kommersiële produksie insluit
Hy het gesê dit kan gedoen word deur die uitbreiding van kommersiële landbou, die uitsoek
en ondersteuning van “wenners,” steun aan die skep van werksgeleenthede in die
opwaartse en afwaartse bedrywe en kreatiewe kombinasies tussen hierdie geleenthede te
vind, soos:-
– Groter klem op grond
– Voorkeur aan suksesvolle boere in die kommunale gebiede
– Doelbewuste ondersteuning aan bedrywe en gebiede met hoë
werksverskaffingspotensiaal
Met verwysing na onderbenutte grond (hoofsaaklik in die voormalige tuislande), het hy
gesê sodanige grond kan by kommersiële produksie ingesluit word en die onproduktiewe
grond kan in hervormingsprojekte gebruik word. Hy wou weet waarom daar onproduktiewe
grond in grondhervormingsprojekte is as dit nie die werkverskaffingsvlakke hoog hou nie.

Volgens hom kan ‘n groot gedeelte verkry word uit die verbetering van
besproeiingspotensiaal. Om die opsies te vergroot, moet daar gewerk word in die rigting
van beter doeltreffendheid en die vookoming van waterverlies.
Hy het “Wenners” gedefinieer
– Steun groot uitvoerbedrywe met uitgebreide arbeidsvereistes
– Hanteer invoere met behulp van die handelsbeleid, wat die doeltreffende hantering van
handelsprobleme moontlik maak
– Bou klein bedrywe op met uitgebreide arbeidsvereistes
Dit alles moet saamgevoeg word. Voeding en voedselsekuriteit is baie belangrik. Die regte
voedsel sal die regte uitwerking hê.
Voorbeelde wat sal help om toestande te verbeter:-
– Bevorder uitvoergeleenthede – hawens moet vergroot word en die funksionering van
hawens moet verbeter word.
– Deur die verhoging van produksie en deur sinvolle tariewe toe te pas, kan daar genoeg
koring wees, maar winste is by invoere ingedeel en so kan die inbring van voedsel in
die land voorkom word.
– Weidingsgebiede moet in ander produksie verander word.
– Werkskepping kan in verskillende gebiede plaasvind.
Hy het gesê sake kan reggestel word deur die probleme aan te spreek en oorweging te
skenk aan die doelwitte.
Na sy mening moet Kwanalu:-
– Strategieë ontwikkel
– Van die onderbenutte grond omskakel
– Werk skep in afwaartse bedrywe
– Die doeltreffendheid van voorligtingsbeamptes verbeter – betrek hulle
– Wit kommersiële boere, agri-besighede en bedryfsliggaame in georganiseerde landbou
kan hierdie doelwitte laat slaag
10
– Daar moet gesoek word na innoverende middele vir landbouvoorligting en onderrig
deur die staat in vennootskap met bedrywe
Dit is belangrik vir kommoditeitsorganisasies om hierdie visie met groter ondersteuning vir
innovasie met publieke-private vennootskappe te bereik.
Hy is nie seker of Suid-Afrikaanse boere en agr-besighede in die landbou sal belê nie.
Volgens hom kyk beleggers na sentiment en toekomstige vooruitsigte. Om positiewe
resultate te behaal, soek hulle waarborge van verwagtinge bo ‘n politieke en ekonomiese
toekoms.
Hy het gesê leierskap is swak met geen duidelike landboubeleid nie en geen grondbeleid
nie. Hy het gesê groot subsidies en aansporings om werkverskaffing aan te moedig, is
nodig.
Prof. Kirsten het gesê ons kan by China leer oor hoe om die landelike en landboubeleid
ernstig te benader. Die Chinese regering reik ‘n jaarlikse dokument uit en gedurende die
afgelope nege jaar het die begrippe ‘landbou’ en ‘landelike’ in all hulle tekste voorgekom en
hulle het 400 miljoen mense uit armoede geneem.
Ter afsluiting het hy aangevoer dat die NDP hoop laat opvlam dat die Suid-Afrikaanse
regering erkenning verleen aan die potensiële rol van die landbousektor om Visie 2030 te
laat slaag. Dit dui daarop dat ons ernstig is oor die landbou en probleme met landelike
armoede, maar die vraag word gevra of DAFF, DRDLR en PDA aan hierdie beleide kan
voldoen. Hy het aan die hand gedoen dat die landbou die kontakte opbou en die kontrakte
bekom. Hy het die noodsaak tot eenheid beklemtoon.
‘n Afskrif van prof. Kirsten se toespraak is by die lêerafskrif van hierdie verslag aangeheg.
19. Paneelbespreking en insette deur afgevaardigdes
Die voorsitter het die vloer vir bespreking oopgestel.
Mnr. Dave McFie, Estcourt Boerevereniging, wou weet hoe die landbou toegang kan verkry
tot grond in die Ingomyama Trust. As individueel opgetree word, is dit maklik, maar hoe
gaan dit bestuur word waar groepe betrokke is?
Mnr. Barry Gibbs, voorsitter KZNPPO, het verklaar dat hulle baie ontsteld is oor invoere
omdat dit die varkbedryf skade berokken. Volgens hom is regeringsteun noodsaaklik omdat
invoere ‘n onregverdige speelveld daarstel en aandag moet op regeringsvlak geskenk word
aan boere se behoeftes.
Mnr. Sisa Damoyi, Umzimkulu Groep, het gepraat oor die gebrek aan kundigheid, grond en
finansies aan die kant van opkomende of klein kwekers. Hy het verklaar dat dit die aandag
van boerderysake aflei. Volgens hom is onderrig noodsaaklik. Die ouer mense is
opkomende boere, maar studente moet opgelei word om die rol van kommersiële boere te
vervul. Veral belangrik in hierdie verband is geld en kundigheid. Hy wou weet wanneer die
regering bereid sal wees om opkomende boere te help. Hy het aangevoer dat die regering
grond aan onkundige mense oordra.
Mnr. Volkmar Böhmer, Paulpietersburg/Lüneburg Boerevereniging, het gemeld dat daar ‘n
afwaartse verlies is en wou weet wat die oorsaak van al die verliese is.
Mnr. Rolf Konigkramer, Kranskop Boerevereniging, het verklaar dat daar baie gepraat is.
Suid-Afrika is goed met planne maak, maar vrotsig om dit uit te voer. Hy het gesê daar is
vier wetsontwerpe op die tafel en dit maak dit moeiliker om mense in diens te neem. Hy
wou weet hoe die landbou kan werk skep te midde van wetgewing en burokrasie. Die
regering strem die landbou deur hulle toe te gooi onder wetgewing.
11
Prof. Kirsten het gesê meganisasie is een van die gevolge van werksverlies. Die regering
moet werkskepping bevorder.
Institusionele hervorming is belangrik in landelike hervorming maar geld is ‘n belangrike
faktor.
Mnr. Möller het gesê eiendomsreg is ‘n baie emosionele saak. Daar is jong mense wat na
vore kom en die voordele van die 21ste eeu wil benut. Onderhandelings en langtermyn
huurkontrakte wat aan hulle genoegsame besitreg sal verleen, moet aandag geniet.. Die
Ingonyame Trustraad begin verstaan dat sake moet verander en dat aandag daaraan
bestee moet word. Daar is positiewe stappe gedoen om boere toe te laat om eers te huur
en dan te koop. Die praktiese implikasies van kommersiële boerdery in ‘n landelike
omgewing kom duidelik na vore. Die Provinsiale Kommissie Doelwit 6 bepaal dat sowel die
regering as die beleid betroubaar moet wees. Dit word erken maar is nie maklik om te
bereik nie.
Mnr. Jannie Boshoff, Newcastle Boerevereniging, het gesê dit is nie prakties om kapitaal in
arbeid te belê nie. Volgens hom is daar geen geleenthede nie omdat daar nie produktiwiteit
is nie.
Mnr. Roger Godsmark, Bosbou SA, het gemeld dat daar ‘n tyd gelede in ‘n
grondhervormingsvorderingsverslag genoem is dat 56 eiendomme aan 8 008 begunstigdes
oorgedra is. Hy het voorgestel dat individue wat wil boer uitgesoek moet word en dat daar
aan hulle die geleentheid gebied moet word om te boer.
Mnr. Harvey Anderson, Ingwe Boerevereniging, het gesê hy het die Grondberaad
bygewoon waar baie welwillendheid geheers het. ‘n Organisasie is aangewys om die
Sisonke Munisipaliteit te ontwikkel en resultate voort te bring en volgens hom kan dit die
regte pad wees om te volg.
Mnr. Coenraad Steyn, Elandslaagte Boerevereniging, het gesê opkomende boere wat
kommersiële boere om hulp en raad nader, sal waardevolle inligting ontvang.
Die voorsitter het mnr. Peter Miller vir sy inset en die voortgesette gesprek met die landbou
bedank. Hy het prof. Johan Kirsten bedank vir sy tyd en insette.
Hy het sy dank uitgespreek teenoor NEDBANK Besigheidsbankdienste vir die borg van die
sessie.
20. Middagete
Mnr. Sisa Damoyi het die tafelgebed gedoen voordat die Kongres vir middagete verdaag
het.
21. Ampsdraers
Tydens middagete het die Raad van Direkteure vergader om die president en twee visepresidente
te verkies.
Hulle is: President : Mnr. Brian Aitken
Vise-president : Mnr. Phenias Gumede
Vise-president : Mnr. Mike Black
Die president het die Raad bedank vir die vertroue in hom gestel en mnr. Mike Black as
een van die vise-presidente verwelkom.
22. Toesprake deur mnr. Johannes Möller, President Agri SA en mev. Annelize Crosby,
Portefeulje Bestuurder/Parlementêre Skakeling Agri SA.
Die Gronddebat – wat sê ons grondwet? Wat van gewillige koper/gewillige verkoper,
markwaarde, onteiening en ander sake? Hoe pas dit in by die konteks van politieke
12
agendas en die voorgestelde beleide soos die Groenskrif oor Grondhervorming en
Visie 2030?
Die voorsitter het mnr. Johannes Möller aan die Kongres voorgestel.
Mnr. Möller het gesê hy is afkomstig van die Noord-Kaap. Eenheid in georganiseerde
landbou kan ons ver bring en herstrukturering wod gedoen. Agri SA is die grootste
landbouorganisasie.
Hy het gesê die landbou staar drie groot uitdagings in die gesig. Aanpasbaarheid is een
daarvan. Sedert 1982 het die landbou voorkeur geniet. Kennis moet geneem word van die
feit dat 60% insette deur kleinhoewe boere geproduseer word. In Suid-Afrika produseer
kommersiële boere egter 90% van die uitset. Kleinhoewe boere ontvang nie voldoende
onderrig nie. Een van die tekortkominge ten opsigte van kleinhoewe boere is die
toenemende probleem van marktoegang. Ontwikkelende landelike kommoditeite sal help
om die internasionale ekonomie uit die resessie te lei. Voedselsekuriteit is belangrik.
Genoeg kos moet op ‘n volhoubare, maar ook op ‘n ekologies verantwoordelike manier
geproduseer word en dit moet ook bekostigbaar wees en aan veiligheidstandaarde
voldoen. Hy het gesê boere het welaf verbruikers nodig.
Volgens hom is die tweede uitdaging aardverwarming. Visie 2030 gaan oor die stimulering
van die produksie-sy van die ekonomie en daarom is dit so belangrik. Suid-Afrika spandeer
groot bedrae geld aan maatskaplike hulp, dog dit is nie genoeg nie. Die produksie-sy van
die ekonomie moet gestimuleer word.
Hy het gesê die landbou is verantwoordelik vir grondhervorming. Kommersiële boerdery en
die verkryging van grond blyk die kwelpunt van grondsake te wees. Armoede word ook as
een van die redes gesien. Een model vir die opheffing van opkomende boere is om hom ‘n
stuk grond te gee wat net groot genoeg is om sy gesin te voed, maar om ook sy kinders op
te voed.
Hy het gevra waarom grondhervorming misluk het. Hy het gesê in die vroeë tagtigerjare,
was die tegnologie die boere vooruit en daarom was daar mislukkings. Die gemeenskap
moet betrokke raak, het hy gesê.
Hy het gesê meer as R40 biljoen is aan grondhervorming bestee en minder as 5%
kommersiële grond is gekoop.
Volgens hom is die Grondoudit die vermiste skakel en dit moet onverwyld aandag geniet.
Hy het gesê die Grondwet sal boere in Suid-Afrika beskerm. Ekonomiese mag in SuidAfrika
is gekonsentreer in die hande van ‘n klein aantal maatskappye wat die regering
beïnvloed. Suid-Afrika het ‘n sterk burgerlike gemeenskap en die landbou moet veg vir dit
wat goed vir die boere is.
Hy het voorspel dat die ekonomie sal herstel en gesê beleid moet ekonomiese stabiliteit
verseker. Ideologie word altyd oorwin deur die werklikheid.
Die voorsitter het mev. Annelize Crosby aan die Kongres voorgestel.
Volgens haar vergeet ons dikwels dat ons Grondwet ‘n internasionale konteks bevat. Daar
is ‘n aantal instrumente wat grondregte waarborg. Die howe moet kennis neem van die
internasionale reg.
Universele Menseregteverklaring (Artikel 14) lui:-
“Die reg tot eiendom sal gewaarborg word. Daar mag slegs van afgewyk word in publieke
belang of in die algemene belang van die gemeenskap en in ooreenstemming met die
voorwaardes van die toepaslike wetgewing.”
13
‘n Verslag oor onteiening is onlangs deur die Voedsel en Landbou-organisasie saamgestel
en hulle het die beste gebruiksmodel voortgebring. Daarin is onder andere bevind dat
vergoeding die kern van onteiening is.
Met betrekking tot artikel 25 van die Grondwet, het sy gesê dat ons oor ‘n Verklaring van
Regte beskik wat ‘n reeks menseregte beskerm, maar somtyds is daar ‘n botsing tussen
regte.
Sy het artikel 25 behandel. Wanneer grond onteien word, moet die resultaat billik en
regverdig wees. Eiemagtige ontneming word veral nie toegelaat nie. Indien enige van die
elemente in die bondel enigsins beïnvloed word, is ontneming verbode.
Onteiening is ‘n vorm van ontneming, maar dit moet aan die vereistes van die Grondwet
voldoen. Die gewillige koper/verkoper-debat is slegs ‘n meganisme om ‘n billike markprys
te bereik. Suid-Afika gaan van die standpunt uit dat markwaarde van toepassing moet wees
by onteiening.
Die Groenskrif oor Grondhervorming is in September 2011 gepubliseer. Die minister het die
proses daargestel sodat gesprek kan plaasvind. Agri SA het verteenwoordigers benoem
om insette in die werkgroepe te lewer. Die minister het nie ‘n Witskrif gehad nie, maar wou
op ‘n stuk-vir-stuk-basis voortgaan met wetgewing oor die onderskeie aspekte.
Sover dit die pad vorentoe aangaan, het sy gesê dit is belangrik om te weet dat die ANC
gesprek voer oor “Vat ons grond met of sonder vergoeding?” Daar is besluit om volgens die
Grondwet te werk, maar onteiening met billike vergoeding sal al hoe meer gebruik word.
Om voort te gaan, is dit uiters belangrik om op feite eerder as aannames te werk, dat die
grondoudit moet plaasvind, beweeg vorentoe met volhoubare modelle van
grondhervorming en hou aan om die regering en rolspelers te betrek – pak die saak op ‘n
positiewe manier aan.
Die voorsitter het mev. Crosby bedank vir haar toespraak en vir al haar insette oor die
Groenskrif.
23. Bespreking en insette deur afgevaardigdes
Die voorsitter het die vloer oopgestel vir bespreking.
Mnr. Theuns van Rensburg, Newcastle Boerevereniging, het gesê die term “opkomende
boere” word al hoe meer gebruik. Leiers in die boerderygemeenskappe moet opkomende
boere aanmoedig om kommersiële boere te word. Hy het voorts verwys na die vermorsing
van water en gevra hoe water bespaar kan word as daar beperkings op die bou van
damme is.
Mnr. Volkmar Böhmer, Paulpietersburg/Lüneburg Boerevereniging, het gesê in hulle gebied
is daar talle grondeise deur huurarbeiders. Hy wou weet hoe dit gehanteer moet word.
Mev. Crosbly het gesê Agri SA het wetswysigings aan die Wet op Huurarbeiders ingedien
om dit beter te laat werk, maar die regering is nie seker hoe om dit te hanteer nie.
Mnr. Möller het gesê dit is nie ‘n natuurlike proses vir kleinskaal boere om kommersiële
boere te word nie. Nouer samewerking is nodig tussen kommersiële en opkomende boere.
Sover dit watervermorsing aangaan, het hy gesê balans speel ‘n groot rol waar water
terugvloei in die aarde. Dit gaan dus nie vermors nie. Bepaalde studies met ‘n holistiese
aanslag moet in hierdie verband gedoen word. Hy het gesê in Suid-Afrika word 60% van
die ekonomies gebruikte water, deur die landbou gebruik. Die landbou sal dus altyd baie
water gebruik en internasionaal gesproke is ons beter daaraan toe as die internasionale
norm. Volgens hom is Suid-Afrika die enigste land ter wêreld waar die landbou nie deur die
14
staat gesubsidieer word nie. As die landbou meer stoorruimte ontwikkel, moet al die
sektore daarvoor betaal.
Mnr. Jan Smith, Ingogo Boerevereniging, wou weet hoe opkomende boere ‘n bepaalde vlak
gaan bereik met die oog op Visie 2030.
Die voorsitter het mnr. Möller en mev. Crosby bedank vir hulle insette.
24. Resolusie
Die voorsitter het die volgende resolusie soos geformuleer deur die Raad van Direkteure uit
insette wat ontvang is, ter tafel gelê:-
“Die Kongres doen ‘n beroep op die regering om die landbousektor as een van KwaZuluNatal
se grootste bates te erken.
Die voortslepende uitdagings soos onder andere, grondhervorming, werkloosheid,
wetteloosheid, ‘n waarneembare gebrek aan respek vir eiendom, stygende insetkoste
(insluitend beheerde pryse soos die wat met water en elektrisiteit verbind word) en ‘n
ontaarde infrastruktuur lei alles tot ‘n gebrek aan beleggings in die landbou en die
volhouding van ‘n algemeen negatiewe uitkyk.
Die Kongres doen ‘n beroep op die regering om ‘n omgewing te skep wat bevorderlik is vir
werkskeppingsgeleenthede, groei, ontwikkeling en die herstel van vertroue in en binne die
landbousektor.”
Mnr. Robin Barnsley het bogenoemde resolusie voorgestel.
Hy het gesê Suid-Afrika is in ‘n toestand van onderprestasie. Kommersiële boere ploeter
voort in selfbejammering.
Hy het gesê met die regte gespreksreëls en ‘n gelyke speelveld, moet die landbou werklik
die beleggingsgeleentheid van die toekoms wees.
Hy het die resolusie herhaal.
Mnr. Mike Black het die resolusie gesekondeer. Hy het gesê hy is seker dat dit die
goedkeuring van almal by die Kongres sal wegdra. Hy het gesê volgens sommige mense is
die landbou slegs ‘n klein onderdeeltjie van besigheid. Die landbou is ‘n unieke bedryf en
het unieke behoeftes en daarom moet dit as sulks gehanteer word. Baie boere regdeur die
wêreld beskou dit as ‘n gegewe. Suid-Afrika is ‘n netto uitvoerder van landbougoedere,
maar die verhouding van uitvoer teenoor invoer staan op 4 tot 3. Ons loop tans die risiko
om netto invoerders van landbougoedere te word. Daar kan nie nog grond gemaak word
nie. Ons kan nie aanhou om meer kos in te voer nie. Die regering moet ‘n plan maak. Die
gevaar is om die rol van landbou te ignoreer ten koste van jouself.
Hy het gesê dit is vir hom aangenaam om die resolusie te sekondeer.
Boereverenigings wat insette tot die resolusie gelewer het, is gevra om die Kongres toe te
spreek.
Mnr. Gerhard Potgieter, Utrecht Boerevereniging, het gepraat oor die regte van die
grondeienaar. Hy het gesê in hulle gebied is dit ‘n tydbom wat wag om te ontplof. Hulle
Vereniging het om hulp gevra maar het geen ondersteuning ontvang nie. Hulle probleme
handel oor die onregmatige weiding deur werkers op die grond van kommersiële boere, die
SAPD se onvermoë om sodanige oortreders te straf en die swak bestuur van die grond wat
oorgedra is. Sy doelwit is om die betrokke departemente te versoek om verantwoordbaar te
wees vir die grondhervormingsprobleme en vir beskerming van boere se regte.
15
Hy het gesê werkers hou hulle nie by die bepalings in die kontrakte nie, drade word
geknip, hekke word oopgelaat, diere word toegelaat om boere se grond te bewei, diere
word doodgemaak en hofbevele word geïgnoreer. Die SAPD laat na om oortreders te straf
en opvolgwerk te doen.
Met betrekking tot die swak bestuur van grond wat oorgedra is, het hy gesê die nuwe
eienaars steur hulle nie aan hulle verantwoordelikhede nie, heinings word nie onderhou nie,
geen voorsorg word getref teen vure nie, immuniseringsprogramme word nie gevolg nie,
hulle steur hulle nie aan raad nie en kommersiële boere moet alles onderhou. Bakleiery op
kommunale grond is nog ‘n probleem.
Moontlike oplossings is dat die polisie hulle werk doen, verantwoordelike departemente
opkomende boere onderrig oor hulle verantwoordelikhede, die SAPD opvolgwerk doen en
kriminele aktiwiteite hokslaan, verantwoordelike beamptes hulle werk aangaande
grondhervorming doen, die geskikte mentors aangestel word en die stigting van ‘n
koördinerende liggaam wat as skakel kan dien tussen die departemente en boere in die
gebied.
Utrecht se boere is positief oor grondhervorming. Hoe dit egter gedoen word, lei tot
frustrasie.
Mnr. Theuns van Rensburg, Newcastle Boerevereniging het gesê sy Vereniging wil vyf
punte onder die aandag bring aangaande Telkom se tariewe.
Dit is:-
– Maandelikse meterlesings – as jou meter foutief is, is jy verantwoordelik vir betaling van
die rekening.
– Dienstegeld en verhoging daarvan
– Netwerkfooie en verhoging daarvan
– Beëindiging en/of afbetaling van standaard aansluitingsfooie
– Kapitale uitbreiding
Hy het die Kongres en die hele landbousektor van Suid-Afrika versoek om met behulp van
Kwanalu, Agri SA en die Verbruikersraad, bogenoemde sake op die hoogste moontlike vlak
met Eskom te bespreek.
Mnr. Karel Landman, Groenvlei Boerevereniging, het Kwanalu versoek om hulle te steun in
hulle soeke na ‘n oplossing vir die indringing van silwer en swart wattelbome en het
boereverenigings versoek om betrokke te raak.
Mnr. Brett Kjonstad, Alfred County Boerevereniging het gesê hulle probleem lê by die
onbekwame wyse waarop die Departement van Arbeid hulle kantoor van die
Vergoedingskommissaris bestuur.
Hulle is bekommerd oor ongereelde aanslae en hoe dit bereken word, die onbeholpenheid
van personeel wat die navrae moet hanteer, die eis-geskiedenis wat die laaifaktor bepaal
en dokters wat nie graag vergoedingsake wil hanteer nie as gevolg van die vertraging met
betalings vanaf die Vergoedingskommissaris.
Met inagneming van die onderskeie insette, het die voorsitter die bespreking saamgevat en
die Raad se verantwoordelikheid om die resolusie te implementeer bevestig. Hy het gevra
dat die resolusie aanvaar word.

Die resolusie is eenparig AANVAAR.
25. Afsluiting
Mnr Aitken het afgevaardigdes bedank vir hulle teenwoordigheid, hy het die onderskeie
beamptes van departemente bedank en so ook Kwanalu se personeel vir hulle werk, die
media en pers vir hulle ondersteuning en die borge.
16
Mnr. Robin Barnsley het die vergadering met gebed afgesluit.
Die voorsitter het die vergadering om 16:00 gesluit verklaar.
Kwanalu
Posbus 100123
3209 SCOTTSVILLE

Tel: 033-342 9393
Faks: 033-345 7141
e-pos: director@kwanalu.co.za
17 September 2012
NA-KONGRES NOTA
Die verkiesing van die Bestuurskomitee het plaasgevind by die raadsvergadering wat na die
Kongres gehou is. Die volgende persone is saam met die president en vise-presidente op Manco
verkies:-
Mnr. Christopher Hadebe Mev. Lisa Robertson
Mnr. Colin MacDonald Mnr. S Damoyi
Mnr. Andy Buchan Mnr. Scot Scott
N:\MAIN\Issues\Congress\2012\Presentations\Kongresverslag 2012 – Afr .docx