Wetsontwerp op Onwettige Toegang is belowend maar verg verdere oorweging | Unlawful Entry on Premises Bill promising, needs further consideration
English to follow:
27 September 2022
Agri SA het kommentaar gelewer op die Wetsontwerp op die Onwettige Toegang tot Eiendom. Die wetsontwerp bied ’n doeltreffende meganisme om uitvoering te gee aan die Grondwetlike plig van die Suid-Afrikaanse Polisiediens om misdaad te verhoed, te bestry en te ondersoek. Daar is egter steeds ernstige bedenkinge rakende die wetsontwerp wat aangespreek moet word om dit uitvoerbaar te maak en die regte en veiligheid van grond eienaars te verseker.
Die wetgewing het die potensiaal om sommige sleutelprobleme aan te spreek wat ervaar word onder die huidige toepassing van die wet en as gevolg van swak polisie-optrede in gevalle van onwettige betreding van persele. Byvoorbeeld: dit maak voorsiening vir die inhegtenisname van betreders, al het hulle reeds strukture opgerig of reeds in sodanige strukture woon. Hierdie is ’n baie belangrike bepaling om die groeiende bedreiging hok te slaan van onwettige besetting van plaasgrond en die gevolglike risiko rakende voedselsekerheid.
Terwyl die wetsontwerp in hierdie sin ’n goeie inisiatief is, het dit verdere werk nodig. Agri SA het sy kommer uitgespreek oor die bepaling dat ’n grondeienaar ’n betreder moet nader en versoek om die perseel te verlaat. Hierdie bepaling kan direk uitloop op konflik en, gegewe die hoë misdaadvlakke in Suid-Afrika, is dit ondenkbaar om te verwag dat ’n wettige grondeienaar homself in ’n potensieel lewensgevaarlike situasie sal plaas.
Agri SA het ook ’n belangrike skuiwergat in die wetsontwerp uitgewys. Indien ’n indringer voldoen aan die grondeienaar se versoek om die eiendom te verlaat, mag hy nie aangekla word nie. Agri SA is van mening dat die oomblik wanneer die persoon private eiendom betree, hy die wet oortree het en gevolglik gearresteer en vervolg moet word.
“Suid-Afrikaanse boere staar vele uitdagings in die gesig wat grondbesit betref, insluitend die Onteieningswetsontwerp wat binnekort in die Nasionale Vergadering gedebatteer sal word. Ons lede ervaar toenemend betreders op hul eiendom en ontvang weinig hulp van die polisie,” sê Van der Westhuijzen. “Die gevolg is dat betreding dikwels eskaleer tot onwettige besetting van grond en geboue, wat dan lei tot hoë kostes en ’n tydrowende uitsettingsproses. Indien hierdie oorblywende uitdagings uitgestryk kan word, sal die wetsontwerp help om betreding op boere se eiendom te beperk maar dit sal doeltreffende polisiëring vereis om af te dwing.”
Navrae:
Kobus Visser: Direkteur: Agri SA Landelike Veiligheid & Provinsiale Sake
Uys van der Westhuijzen: Voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Veiligheid
*************************
27 September 2022
Agri SA has submitted its comments on the Unlawful Entry on Premises Bill. The legislation provides an important mechanism for giving effect to the Constitutional duty that rests on the South African Police Services to prevent, combat, and investigate crime. However, there remain important concerns about the Bill that must be addressed to make it effective and ensure it protects the rights and safety of property owners.
The Bill has the potential to address some key problems experienced under the current application of the law and as a result of poor police action in cases of the unlawful entering of premises. It allows, for example, for the arrest of trespassers even if they have already erected structures on a property and are occupying such structures. This is an important provision to combat the growing threat of illegal occupation of farmland and the resultant threat to food security that it poses.
While the Bill is a good initiative in this sense, work still needs to be done. Agri SA has raised its concern about the Bill’s requirement that a landowner approach unlawful trespassers and request them to vacate the premises. This requirement could result in direct conflict and, considering the high rate of violent crime in South Africa, it is unconscionable to expect a lawful occupier to put themselves in a potentially life-threatening situation.
Agri SA has also flagged an important loophole in the Bill. If an intruder complies with a landowner’s request to leave a property, he cannot be charged for contravention of the Bill. It is Agri SA’s view that the instant that the trespasser enters private property he has broken the law and should be arrested and charged accordingly.
“South African farmers face multiple challenges related to land ownership, including the Expropriation Bill which will shortly proceed to the National Assembly for debate. Our members are increasingly encountering trespassers on their properties with little support from the police. The effect is that this trespassing frequently escalates to the unlawful occupation of land and buildings, leading to costly and time-consuming eviction proceedings. If these remaining challenges can be ironed out, this Bill will assist in curbing unlawful entry on farmers’ premises, but we will also need effective policing to enforce this crucial protection,” said Uys van der Westhuijzen,
Enquiries:
Kobus Visser: Director: Agri SA Rural Safety & Provincial Affairs
Uys van der Westhuijzen: Chair of Agri SA’s Centre of Excellence: Rural Safety