Facebook Pixel

Kwanalu

R4,4 miljard Land Bank befondsing die begin van iets groot

See English below

R4,4 miljard Land Bank befondsing die begin van iets groot

Agri SA is opgewonde oor gister se aankondiging in die MTBPS dat R4,4 miljard aan die Land Bank toegeken sal word, om ontluikende boere te ondersteun. Dit is hopelik die begin van ‘n groot ommekeer vir boerdery in Suid-Afrika.

“Die melding van die privaatsektor se gekoördineerde werksaamhede met die regering in die ontsluiting van finansiering vir transformasie, wys dat momentum aan’t bou is,” sê Pietman Roos, Agri SA Hoof van Korporatiewe Sake en Kommunikasie. “Die volgende stap is om die fynere besonderhede uit te pluis om dié sinergieë te ontsluit.”

Agri SA het reeds besprekings gehad met verskeie belanghebbendes, insluitend die regering, plaaslike en internasionale ontwikkelingsfinansieringsinstellings, kommersiële banke en private ekwiteitsfondse onder meer, om te sien hoe verskillende rolspelers kan saam werk. Een van die sentrale voorstelle wat in die besprekings na vore gekom het, is ‘n samewerkende Landbou-ontwikkelingsfonds (Agricultural Development Fund). Dié R4,4 miljard aankondiging in die MTBPS is ‘n tree nader aan die gewaarwording van die grootse plan.

“Die uiteindelike doelwit is om volhoubare, en heel belangrik spoedige, landbouhervorming te dryf,” sê Roos. “Samewerking met die privaatsektor is nodig om sukses te behaal.”

Agri SA sal voortgaan om met alle belanghebbendes te skakel, om te verseker dat die beleid ‘n realiteit word. Ons sien uit daarna om saam met die Land Bank te werk in die gemeenskaplike doelwit.

 

Navrae:

Pietman Roos

Agri SA Hoof: Korporatiewe Sake en Kommunikasie

T: 012 643 3400

S: 066 201 8326

 

R4,4 billion Land Bank funding is the start of something big

Agri SA is excited by yesterday’s announcement in the MTBPS of the R4,4 billion that will be allocated to the Land Bank to support emerging farmers. This is hopefully the start of a big turn-around for farming in South Africa.

“The mention of the private sector’s coordinated efforts with government in unlocking financing for transformation, shows that momentum is building,” says Pietman Roos, Agri SA Head of Corporate Affairs and Communication. “The next step is to iron out details on how to unlock these synergies.”

Agri SA has been in discussion with various stakeholders including government, developmental finance institutions (DFI’s) both local and international, commercial banks and private equity funds (PE) among others, to see how the different role players can work together. One of the central ideas that emerged in these discussions was a collaborative Agricultural Development Fund (ADF). The R4,4 billion announcement in the MTBPS is a step towards realising this grand vision.

“The ultimate aim is to drive sustainable, and importantly speedy, agrarian reform,” says Roos. “Collaboration with the private sector will be necessary for success.”

Agri SA will continue to engage with all stakeholders to ensure the policy becomes reality. We look forward to working with the Land Bank in this shared goal.

Enquiries:

Pietman Roos

Agri SA Head: Corporate Affairs and Communication

T: 012 643 3400

C: 066 201 8326