Minimumloonverhoging bedreiging vir voedsel- en werksekerheid | Minimum wage increase a threat to food and job security
English to follow:
21 Februarie 2023
Agri SA is ontsteld oor die aankondiging van ’n 9,6%-verhoging in die nasionale minimumloon. Enige styging in koste sal boere verder onder druk plaas. Terwyl die sektor sukkel om die koste verbonde aan beurtkrag, verkrummelende infrastruktuur en hoë insetkoste in bedwang te bring, sal hierdie verhoging voedselsekerheid verder ondermyn en broodnodige werkgeleenthede op die spel plaas.
Die toename is steeds ’n tendens van bo-inflasieverhogings vir meer as ’n dekade. Terwyl boere voorheen in ’n posisie was om dié verhogings te absorbeer danksy die volgehoue groei in ’n aantal landboubedrywe, is daardie tydperk nou verby. Die sektor staar uiterste teenwinde in die gesig, wat op hul eie voedselsekerheid in die komende jare bedreig.
Nieteenstaande die uitdagings wat die sektor die hoof moet bied, het Agri SA ’n voorlegging gemaak en ’n VPI minus 2%-verhoging in die nasionale minimumloon voorgestel. Hierdie voorstel erken die finansiële druk op werkers in die inflasionêre omgewing, maar het ook aandag gegee aan die realiteit van boere se onvermoë om steeds bo-inflasie-verhogings te absorbeer. Dat die regering hierdie gebalanseerde posisie geïgnoreer het, is ’n verpletterende slag, nie net vir die sektor nie, maar ook vir die verbruikers wat uiteindelik dié toename in hul voedselbesteding sal ervaar.
Agri SA en sy lede is daartoe verbind om die land se voedselsekerheid te verseker. Om hierdie rede sal die organisasie voortgaan om met die regering in gesprek te tree oor die kritieke uitdagings wat die sektor in die gesig staar. Agri SA hoop dat daar in die toekoms op sy waarskuwings ag geslaan sal word, sodat boere, werkers en verbruikers nie die prys betaal vir beleid wat die volhoubaarheid van die sektor en die land se voedselsekerheid ondermyn nie.
Navrae:
Johan Wege
Voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Arbeid
Christo van der Rheede
Agri SA, Hoof- uitvoerende beampte
*******************************************
21 February 2023
Agri SA is concerned by the announcement of a 9,6% increase in the national minimum wage. Any increase in costs will further strain already hard-pressed farmers. As the sector battles to contain the costs associated with loadshedding, crumbling infrastructure and high input costs, this increase will further undermine food security and put much-needed jobs on the line.
The increase continues a trend of above-inflation increases for more than a decade. Whereas farmers were previously in a position to absorb these increases thanks to the sustained growth in a number of agricultural industries, that period is now over. The sector faces extreme headwinds, which on their own threaten food security in the coming years.
Notwithstanding the challenges that the sector faces, Agri SA made a submission proposing a CPI minus 2% increase in the national minimum wage. This proposal recognised the financial pressure on workers in this inflationary environment, but also addressed the reality of farmers’ inability to continue to absorb above-inflation increases. That government has ignored this balanced position, is a devastating blow not only for the sector but also for the consumers who will eventually see this increase reflected in their food expenditure.
Agri SA and its members are committed to preserving the country’s food security. For this reason, the organisation will continue to engage government on the critical challenges facing the sector. Agri SA’s hope is that its warnings will be heeded in future, so that farmers, workers, and consumers don’t pay the price for policy that undermines the sustainability of the sector and the nation’s food security.
Media enquiries:
Johan Wege
Chair of Agri SA’s Centre of Excellence: Labour
Christo van der Rheede
Agri SA, Chief Executive Officer