fbpx

Kwanalu

The voice of agriculture . Die stem van landbou . Izwe lezokulima

Executive changes at the Land Bank | Veranderings in Land Bank-bestuur

Afrikaans to follow:

8 February 2022

Agri SA has learnt of the resignation of the Chief Executive Officer at the Land Bank, Mr Ayanda Kanana, as well as executive manager: agricultural economics and advisory, Dr Litha Maginxa.

“In his tenure, Mr Kanana was a consummate professional who made all interactions with the institution and himself pleasurable,” says Christo van der Rheede, executive director of Agri SA. “He took over the role at a crucial time and played a critical role in trying to steer the ship to safe waters, as so to speak. For that, we extend our sincerest appreciation and well wishes.”

Given the magnitude of the Land Bank and the imperative role it plays in financing the agricultural sector, Agri SA remains hopeful that the institution’s challenges relating to its debt commitments and liquidity will still be tackled with urgency. “It is of critical importance that the bank returns to being a stable, profitable and trusted institution, as many of the new entrants in the sector rely on this vehicle where they would otherwise not receive the same opportunity and assistance elsewhere. As a vehicle for affordable developmental finance, we implore that this function remains key in the bank’s objectives and is embedded deeply as it continues on its course to recovery.”

Van der Rheede says that Agri SA is confident that the newly installed board, under the leadership of Ms Thabi Nkosi, and the new incumbent at the helm of the Land Bank will prioritise stability and will inspire confidence once again in the institution. “The Land Bank is too big of an institution to fail and it should be protected at all costs,” he urges. “The latter can be certainly achieved through clarity and certainty about the direction the Land Bank is taking, especially in terms of its core focus areas as an entity.”

 Enquiries:

Christo van der Rheede

Agri SA, Executive Director

**************************************

 8 Februarie 2022

Agri SA het verneem dat die hoof- uitvoerende beampte van die Land Bank, mnr Ayanda Kanana, asook die hoofbestuurder: landbou-ekonomie en -advies, dr Litha Maginxa, bedank het.

“Mnr Kanana was gedurende sy termyn uiters professioneel en het verseker dat alle interaksies met hom en die instelling aangenaam geskied,” verseker Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA. “Hy het hierdie rol in ’n kritieke stadium oorgeneem en het ’n belangrike rol gespeel in pogings om die bank na veiliger waters te stuur. Hiervoor het ons innige waardering en ons goeie wense vergesel hom.”

Gegewe die belangrikheid van die Land Bank en die uiters noodsaaklike rol wat dit in die finansiering van die landbousektor speel, is Agri SA steeds hoopvol dat die instelling se skuld- en likiditeitsprobleme dringend aangespreek kan word. “Dit is van kritieke belang dat die bank terugkeer na ’n stabiele, winsgewende en betroubare instelling, aangesien menige nuwe toetreders tot die sektor op hom staatmaak wanneer hulle nie elders dieselfde geleentheid en hulp kan bekom nie,” sê Van der Rheede. “As ’n voertuig vir bekostigbare ontwikkelingsfinansiering, hoop ons van harte dat hierdie funksie een van die bank se diepgesetelde doelwitte sal bly op sy pad na herstel.”

Volgens Van der Rheede is Agri SA vol vertroue dat die nuut-aangestelde raad onder leierskap van me Thabi Nkosi en die nuwe hoof aan die stuur van die bank, stabiliteit sal priorotiseer en opnuut vertroue in die bank sal kweek. “Die Land Bank as instelling is te groot om te misluk en behoort ten alle koste beskerm te word. Laasgenoemde kan bewerkstellig word deur duidelikheid en sekerheid te verkry oor die rigting waarin die bank beweeg, veral in terme van sy kern-fokusgebiede as ’n entiteit.”

 Navrae

Christo van der Rheede

Agri SA, Uitvoerende direkteur