Die President MOET VERANTWOORDELIK GEHOU WORD VIR SY OPTREDE
Agri SA
4 April 2017
In die lig van die onlangse kabinet-skommeling en gebrek aan ekonomiese leierskap deur die President se kantoor, het Suid-Afrika ‘n gradering van rommelstatus van Standard & Poor (S&P) ontvang. Oor die afgelope 19 jaar het S&P slegs 23 lande afgegradeer na rommelstatus, waarvan slegs ses binne die kortste herstelperiode van 5 jaar herstel het. “Om te herstel van ‘n afgradering verg ‘n besondere poging van die politieke sowel as ekonomiese sektore van die samelewing. Die President moet nou verduidelik wat hy gaan doen om Suid-Afrika uit sy rommelstatus-situasie te kry,” sê Johannes Moller, president van Agri SA.
S&P het verduidelik dat die afgradering die gevolg was van die kabinet-skommeling Vrydag kort na middernag. “Hierdie is ‘n regstreekse gevolg van politieke besluite wat gemaak is en sal ‘n impak hê op die onbestendigheid van die wisselkoers, devaluering van die rand, belegging en soewereine leningsvoorwaardes, en sal ‘n nadelige uitwerking hê op landbouproduksie in Suid-Afrika, asook inwaartse belegging en potensieel voedselsekerheid,” het Omri van Zyl, Uitvoerende Direkteur van Agri SA gesê.
“Die President moet aan Suid-Afrika verduidelik wat sy plan is om ons uit hierdie gemors te kry. As jy verantwoordelik is vir iets wat 55 miljoen Suid-Afrikaners raak, moet jy as staatsleier verduidelik wat jy gaan doen om die situasie reg te stel. Indien die President nie sy optrede kan veruidelik nie, moet hy bedank” aldus Möller.
“Agri SA is bekommerd oor die huidige verwikkelinge en die uitwerking wat dit het op politieke en ekonomiese sekerheid en stabiliteit in die land. Politieke en ekonomiese leierskap is die enigste manier waarop ons vorentoe kan beweeg,” het Möller afgesluit.
Uitgereik deur Agri SA, Direktoraat: Korporatiewe Skakeling
Navrae:
Johannes Möller, President van Agri SA, 082 647 8481
Omri van Zyl, Uitvoerende Direkteur van Agri SA , 082 417 5724