fbpx

Kwanalu

Cele moet optree om landelike veiligheid en voedselsekerheid in Suid-Afrika te verseker | Cele needs to act to ensure rural safety and South Africa’s food security

English to follow:

23 Mei 2023

Terwyl minister Bheki Cele vandag sy begrotingsrede oor polisiëring lewer, is dit noodsaaklik dat die Departement van Polisie se begroting voorsiening maak vir betekenisvolle hulpbronne vir die implementering van die Landelike Beveiligingstrategie.

“Ons is van mening dat die stratagie ’n geskikte voertuig is om die misdaadprobleme wat boerderygemeenskappe raak, aan te spreek mits dit behoorlik geïmplementeer en voldoende befonds word. Dit is ook ’n noodsaaklike stap in die handhawing van die land se voedselproduksievermoë,” sê Uys van der Westhuijzen, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Beveiliging.

Die minister se begrotingsrede kom byna 11 maande ná die landelike veiligheidsberaad in Junie 2022, wat bedoel was om ’n waterskeidings-oomblik te wees vir die sektor se samewerking met die polisie ten einde groter veiligheid vir ons voedselproduserende boerderygemeenskappe te verseker. Dit is vir Agri SA ’n bron van groot teleurstelling dat min of geen inligting beskikbaar is rakende vordering met die implementering van die strategie of die gebruikmaking van die beraad se bevindinge vir die meer effektiewe implementering daarvan.

Terwyl boere worstel met ekonomiese, infrastruktuur- en beleidskwessies wat die koste van voedselproduksie aansienlik verhoog, is dit noodsaaklik vir voedselsekerheid in die land dat landelike misdaad nie langer bydra tot die las wat ons boerderygemeenskappe alreeds dra nie. Daar kan nie toegelaat word dat hierdie strategie bloot nog ’n onvervulde belofte word nie.

Agri SA hoop dat van die aanvanklike stappe wat geneem moet word en uitgelig is by die beraad, moet voor voorsiening gemaak word in die begroting. Dit sluit in:

  1. Die implementering van ‘n goed befondsde landelike reservistestelsel;
  2. ’n Merkbare verbetering in die doeltreffendheid van kriminele ondersoeke;
  3. ’n Fokus op die aanhouding van verdagtes en die teenstaan van borgtog deur die polisie;
  4. Doeltreffende misdaadintelligensie en -ontleding; en
  5. Aanstelling van polisietaakspanne en vinnige reaksie-eenhede in brandpunt gebiede.

Die uitdaging om landelike veiligheid te verseker is ’n geweldige taak. Agri SA is onder geen illusie dat dié probleem nie maklik aangespreek sal word in ’n land met astronomiese hoë misdaadsvlakke nie. Landelike veiligheid moet ’n sleutel-element wees van die land se misdaadbekampingstrategie om die langtermyn-lewensvatbaarheid van ons boerderygemeenskappe en voedselsekerheid te verseker.

Die minister hoef nie te wag vir die misdaadstatistieke volgende week nie; dit is duidelik dat die veiligheidsprentjie in die land somber is, veral in die landelike boerderygemeenskappe waar polisiëringshulpbronne uiters dun gesaai is.

Agri SA en sy lede het ’n groot poging aangewend en baie tyd geïnvesteer in die bevordering van die strategie en kan nie toekyk dat dit agterweë bly nie. “Ons doen ’n beroep op minister Cele om sy begrotingsrede in die parlement te gebruik om sy erns te demonstreer, wat in die verlede tekort geskiet het wat die effektiewe implementering van die strategie betref,” sê Van der Westhuijzen.

Medianavrae:

Kobus Visser

Direkteur – Agri SA: Landelike Veiligheid & Provinsiale Sake

Uys van der Westhuijzen

Voorsitter – Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Landelike Veiligheid

************************

23 May 2023

As Minister Bheki Cele delivers his budget vote on policing today, it is imperative that the Department of Police’s budget includes meaningful resource allocation towards the implementation of the Rural Safety Strategy.

“We are of the view that the strategy is an appropriate vehicle to deal with the crime issues affecting farming communities provided that it is properly implemented and adequately resourced. This is a vital step in the preservation of the country’s food production capacity,” says Uys van der Westhuijzen, Chair of Agri SA Centre for Excellence Rural Safety.

The minister’s budget vote speech comes almost 11 months after the June 2022 Rural Safety Summit, which was intended to be a watershed moment for the sector’s cooperation with the police in ensuring greater safety for our food producing farming communities. It is, therefore, a source of great disappointment for Agri SA that little to no progress has been made available towards the implementation of the strategy or utilising the summit findings to improve its effectiveness.

As farmers battle economic, infrastructure and policy headwinds that vastly increase the cost of food production, it is vital for the country’s food security that rural crime does not continue to add to the burdens encumbering our rural farming communities. This strategy cannot be allowed to become just one more unfulfilled promise.

Among the initial steps that must be taken and highlighted by Agri SA at the summit and which we hope to see funded in this budget, are:

  1. The implementation of a well-resourced rural reservists’ system;
  2. Significant improvement in the effectiveness of criminal investigations;
  3. Emphasis on suspect detention paired with the opposition of bail by the police;
  4. Effective crime intelligence and crime analysis; and
  5. The creation of police task teams and rapid response units in hotspot areas.

The challenge of ensuring rural safety is a mammoth task. Agri SA is under no illusion that this will not easily be resolved in a country with sky high levels of crime across the board. However, rural safety must be a key component of the nation’s crime prevention strategy to ensure the long-term sustainability of our farming communities and food security.

The minister need not wait for the upcoming crime statistics; it is evident that the safety situation in the country is bleak, particularly in rural farming communities where policing resources are severely stretched.

Agri SA and its members invested significant effort and time into advocating for the strategy, and they cannot bear to see it languish any longer. “We therefore call on Minister Cele to use this opportunity during his address to Parliament to demonstrate his seriousness that has been lacking in the more effective implementation of the strategy,” says van der Westhuijzen.

Media enquiries:

Kobus Visser

Director: Agri SA Rural Safety & Provincial Affairs

Uys van der Westhuijzen

Chair of Agri SA’s Centre of Excellence: Rural Safety