Annual Report for 2014 – Afrikaans
1
VERSLAG VAN DIE KWANALU KONGRES
GEHOU OP DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2013
BY DIE ROYAL SKOU, PIETERMARITZBURG
KONGRESTEMA
“Fokus op die toekoms”
Kongres werp ‘n blik op die uitdagings en geleenthede
van die hedendaagse werksaamhede en die rol
van die landbousektor in KwaZulu-Natal
1. Registrasie
2. Verwelkoming
Die voorsitter, Brian Aitken, het die vergadering tot orde geroep en onder andere die
volgende gaste verwelkom naamlik, John Black, ‘n lewenslange ere-vise-president van
Kwanalu Robin Barnsley en sy vrou Sharon, Cyril Xaba, Per Bjorvig, Andries Geyser,
Edgar Dhlomo, studente van Weston en Cedara Kolleges, SAPD-lede, verskeie
departementele beamptes, borge en die pers.
Verskonings is in die bywoningsregister aangeteken.
Hy het verduidelik dat die Raad en Manco na oorweging besluit het dat die dag se
verrigtinge effens anders sal verloop as in die verlede. Die teepouse word verleng en net
daarna sal die gassprekers aan die woord gestel word. Middagete word na afsluiting van
die Kongres bedien.
3. Skriflesing en gebed
Andy Buchan het die Kongres met Skriflesing en gebed geopen.
Hy het voorgelees uit Romeine 5:3-5 en gesê almal van ons word beproef en beleef
swaarkry, maar ons bly hoop en ons vestig ons hoop op die onveranderlike God. Hy het die
Kongres met gebed geopen.
4. Mosies
Die voorsitter het die Kongres versoek om staande ‘n oomblik van stilte te handhaaf ter
herinnering aan die drie Kwanalu-lede, Jannie Boshoff, Jannie Kemp en Theuns van
Rensburg wat verlede jaar op pad huis toe van die Kongres af tragies omgekom het in ‘n
ongeluk met ‘n ligte vliegtuig, asook almal wat sedert die 2012 Kongres geliefdes aan die
dood moes afstaan.
5. Konstituering van die Kongres
6. Die HUB, me. Sandy La Marque, het bevestig dat daar behoorlik kennis van die Kongres
gegee is. Met die verteenwoordigende afgevaardigdes teenwoordig, is ‘n kworum gevorm
en die Kongres is behoorlik gekonstitueer. Na die gassprekers se toesprake sal ‘n
paneelbespreking gehou word. Stemming vir ampsdraers sal na die teepouse plaasvind.
7. Presidentsrede
8. Die voorsitter het sy toespraak aan die Kongres voorgelê. ‘n Afskrif daarvan word hierby
aangeheg.
Hy het gesê in afwyking van tradisie, sal hy nie soos tevore sy toespraak uit die Jaarverslag
voorlees nie, maar in plaas daarvan sal hy verslag doen oor belangrike sake. Indien hy ‘n
boodskap kon laat, sou dit wees ter bemoediging van jong boere en ook die wat nie meer
so jonk is nie.
2
Hy het gesê dit is belangrik om die onsekerhede oor grond uit die weg te ruim. Boere uit
Zimbabwe het gesê landbouers moet hulle weerhou van politieke betrokkenheid en daar
moet nou opgetree word.
As bemoediging aan boere om positief te bly, het hy gesê grond is ‘n emosionele saak en
pogings om die probleem op te los, sal rasionele en vinnige denke vereis. Hy het ook gesê
boere is belangrike rolspelers in die land. Die beeld van die landbou moet verander maar
boerderyekonomie moet onaangeraak gelaat word. Volgens hom ag die regering die
landbou as ‘n hoeksteen van die land se ekonomie.
Na sy mening is dit veral belangrik om die grondoudit in orde te kry.
Hy het gesê gesonde groeivooruitsigte in die landbousektor het lanklaas so goed gelyk,
maar struikelblokke soos natuurlike hulpbronne, water en grond werk mee tot die stryd om
die landbousektor uit te brei.
Stedelike verbruikers beskik oor verhoogde bestedingsmag en die geleenthede wat dit vir
plaaslike landboubesighede skep, kan net voorspoed vir die boer beteken. Swak
boerderypraktyke vind deur die land plaas, maar hy bid dat dit nie in KwaZulu-Natal gebeur
nie.
Hy het gesê Kwanalu klou vas aan die onderskeie beleide wat die basis vorm van hoe
besigheid gedoen moet word.
Mnr. Aitken het die HUB van Kwanalu en die personeel bedank vir alles wat hulle namens
die boere doen, asook die lede wat die Organisasie ondersteun en die regering en ander
rolspelers. Vir hom was dit ‘n eer en ‘n voorreg om saam met die boere van KwaZulu-Natal
te werk.
Die vise-president, mnr. Gumede, het die president bedank vir sy rede en voorgestel dat
die presidentsrede aanvaar word.
9. Oorsig 2012/2013
Met behulp van ‘n dataprojektor het die HUB ‘n oorsig van die 2012/2013-jaar aan die
vergadering voorgelê. ‘n Afskrif daarvan word aangeheg by hierdie verslag.
Sy het na verlede jaar se resolusie verwys:-
“Kongres doen ‘n beroep op die regering om die landbousektor as een van KwaZulu-Natal
se grootste bates te erken.
Die deurlopende uitdagings van onder andere, grondhervorming, werkloosheid,
wetteloosheid, ‘n waarneembare gebrek aan respek vir eiendom, stygende insetkoste
(insluitend geadministreerde pryse soos die wat verband hou met water en elektrisiteit), ‘n
vervallende infrastruktuur, lei alles tot ‘n tekort aan beleggings in die landbou en die
vestiging van ‘n algemeen negatiewe uitkyk.
Kongres doen ‘n beroep op die regering om ‘n omgewing te skep wat bevorderlik is vir die
skep van werksgeleenthede, groei, ontwikkeling en die verbetering van vertroue in en binne
die landbousektor.””
Sy het terugvoer verskaf oor van die sake wat die afgelope jaar hanteer is, wat soos volg
verdeel is:-
– Probleembestuur
o Natuurlike hulpbronne
o Arbeids- en maatskaplike belegging
o Kommersiële beleid
o Transformasie en landelike ontwikkeling
3
o Landelike veiligheid en sekuriteit
o Kommunikasie en beeldbou
– Organisatories
– Algemeen
Sy het verslag gedoen oor ‘n aantal vergaderings wat met Eskom gehou is om oplossings
te probeer vind. Waterbekragtiging, -verifikasie en –gebruik is ‘n ernstige probleem en ‘n
uitdaging.
Arbeid het baie tyd in beslag geneem. KwaZulu-Natal is nie vrygestel van arbeidsonrus nie.
Dit was ‘n uitdaging, maar is goed hanteer. ‘n Opname wat gedoen is om te sien wat die
toekoms ten opsigte van verhoogde lone inhou, het kommer laat ontstaan omdat dit dui op
die groot mate van werksverlies wat meegebring sal word.. Insette van lede is ontvang en
‘n regsmening is verkry om te bepaal wat in die beste belang van lede is.
Sy het gesê kommoditeite hanteer kommoditeitsbepaalde sake en Kwanalu ondersteun
hulle hierin. Net so soek Kwanalu ondersteuning by kommoditeite in algemene sake waarin
Kwanalu ‘n mandaat het.
Sover dit Munisipale Eiendomsbelasting aangaan, het sy gesê boereverenigings sukkel
met tegniese onreëlmatighede, maar na haar mening is dit nodig dat hulle betrokke moet
wees by onderhandelings met munisipaliteite.
Sy het gesê met die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumregte, die
wetgewing wat grondbreking beheer, sal ons moontlik ‘n verhoging in werksaamhede in die
provinsie sien met mynmaatskappye aan wie ontginningsregte toegeken word. Kwanalu sal
betrokke bly by hierdie saak.
Sy het melding gemaak van die projek van die Templeton Stigting wat in samewerking met
die Universiteit van Missouri gedoen is. Dit is ‘n navorsingsprojek wat daarop gemik is om
die maatskaplike en ekonomiese aspekte van voedselsekuriteit in KwaZulu-Natal te
verstaan.
Aangaande transformasie en landelike ontwikkeling, het sy aangekondig dat die LUR die
ooreenkoms onderteken het wat voorsiening maak vir bystand aan boere deur ‘n
ontwikkelingslessenaar.
Daar is redelik uitvoerig verslag gedoen oor die onderskeie grondbeleide, wette en
konsepstrategieë wat tans deur die regering oorweeg word. Sy het gerapporteer dat baie
tyd en krag bestee is aan onophoudelike drukuitoefening en die behartiging van die
belange van Kwanalu se lede oor hierdie ernstige sake.
Met verwysing na Kwanalu se Veiligheids- en Sekuriteitslessenaar, het sy die
veiligheidsmagte bedank vir hulle hulp. Sy het boereverenigings aangemoedig om op
plaaslike vlak nou saam te werk met die betrokke veiligheidsmagte aangesien baie duidelik
bewys is dat waar goeie verhoudings op plaaslike vlak bestaan, misdaadvoorkoming en
opvolgwerk baie meer doeltreffend is.
10. Finansiële State vir die jaar geëindig op 30 Junie 2013
Die HUB het gesê die jaar het in Junie 2013 geëindig en nadat die oudit voltooi is, is
afskrifte van die finansiële state aan afgevaardigdes gepos. Sy het die geouditeerde
finansiële state aan die Kongres voorgelê.
11. Jaarlikse ledegeld & begrotingsvoorstel
Die HUB het die voorgestelde Inkomste en Uitgawes vir die jaar eindigende in 2014
voorgelê. Sy het die Kongres ingelig dat ingevolge Kwanalu se grondwet, die Raad van
Direkteure die volgende ledegeld vir die jaar 2014/2015 voorgestel het. Dit is:
• Kommersiële boere (BTW ingesluit)
4
– R1 969.10 as ontvang word teen 30 September 2014 of R2 083.50 as daarna
ontvang word
• Deeltydse/kleinhoewe boere (BTW ingesluit)
– R985.70 as ontvang word teen 30 September 2014 of R1 041.60 as daarna ontvang
word
• Voorheen benadeelde boere (BTW ingesluit)
– R270.00
Die begroting soos voorgestel deur Kwanalu se Raad van Direkteure vir 2014/2015 is aan
die Kongres voorgelê.
Die voorsitter het die vloer oopgestel vir vrae maar geen vrae is gestel nie.
11. Aanvaarding
Mnr. Black het voorgestel dat die finansiële state, die begroting en die ledegeld aanvaar
word.
Dit is gesekondeer en eenparig AANVAAR.
12. Oorhandiging van toekennings
Die HUB het met genoeë die volgende aankondigings gedoen:-
• ‘n Toekenning vir lang diens is aan me. Lyn Vincent oorhandig vir 30 jaar diens aan
Kwanalu.
• ‘n Lewenslange ere-presidentstoekenning is aan mnr. Robin Barnsley, ‘n vorige
president van Kwanalu, oorhandig.
Mnr. Barnsley het geantwoord dat dit ‘n groot voorreg was om in diens van Kwanalu te
staan. Hy het gesê leierskap gaan oor diens. Hy het die Kongres bedank vir die eer wat
hom aangedoen is en gesê al was hy nie ‘n lewenslange ere-lid nie, sou hy voortgaan om
sy ledegeld aan Kwanalu te betaal. Hy het alle lewenslange lede uitgedaag om hulle
ledegeld aan Kwanalu te betaal.
13. Erkenning aan borge
Die voorsitter het die borge bedank vir hulle ruim bydraes en voortgesette donasies en
steun aan die Kongres.
14. Tee
Die Kongres het verdaag vir tee.
15. Ampsdraers
Tydens die teepouse, het die Raad van Direkteure vergader om die president en twee visepresidente
te verkies.
Dit is: President : Mike Black
Vise-President : Phenias Gumede
Vise-President : Angus Buchan
16. Toespraak deur dr. Theo de Jager, Vise-President Agri SA Transformasiekomitee,
addisionele lid van Agri SA Afrika Beleidskomitee, President: SACAU
Die voorsitter het dr. De Jager aan die vergadering voorgestel. ‘n Afskrif van die toespraak
is aangeheg aan hierdie verslag.
“Skep welvaart deur landbou in Suid-Afrika”
Dr. de Jager het gesê mense moet mekaar bemoedig en positief bly tot na volgende jaar se
verkiesing. Druk sal daar wees, maar mense moet ‘n paar treë terugstaan en terugkyk om
die hele prentjie te sien, waaruit daar dalk ‘n plan sal voortspruit, het hy gesê. Ons
omgewing is baie soos ‘n olieverf skildery, as jy naby kyk maak dit nie veel sin nie, maar
5
staan enkele treë terug en dit word kuns. Volgens hom was die druk nog nooit so groot sou
juis nou nie.
Vir hom is die grootste uitdaging waarteen ons nog ooit te staan gekom het, die oorlog teen
armoede en ongelykheid. Sy wens is om te wys tot watter mate ontwikkeling in Afrika
plaasvind. Afrika se grootste nood is landbouontwikkeling.
Die waarheid wat hieruit voortspruit, is dat primêre produksie die aanvangspunt moet wees.
Hy het daarop gewys dat slegs Angola nie ‘n nasionale boerderyorganisasie het nie. Afrika
beskik oor 46% van die wêreld se onbenutte grond. In Suid-Afrika kan ontwikkeling
plaasvind, want die landbou het die grond, die water, die klimaat en die mense, maar wat te
kortskiet is die waardekettings, finansiering, tegnologie en vaardigheid. Die doelwitte van
die Suid-Afrikaanse Konfederasie van Landbou-Unies (SACAU), is om produktiwiteit te
verhoog, winsgewendheid te bevorder, volhoubaarheid te verseker en beskikbare
reënwater tot die maksimum te benut. Korporatiewe beheer moet opgeskerp word. SACAU
en sy strukture is toerekenbaar, betroubaar en verantwoordbaar. Hy het daarop gewys dat
Europa en die VSA ‘n triljoen dollar in die landbou belê.
Hy het kortliks die beoogde meganisasie ringprojek en die funksionering daarvan
verduidelik. In wese moet boere in elke distrik saamspan en ‘n meganisasiepoel daarstel.
Bestuurders kan aangestel word om elke poel se administrasie, onderhoud en advies te
behartig. Finansiering kan by verskillende bronne bekom word. Pakkette kan saamgestel
word vir groot- en kleinskaal boerdery. Om tot op grondvlak deur te dring, kan sodanige
meganisasiepoele op ‘n besigheidsgrondslag tot stand gebring word met ‘n Afrika- en nie
slegs ‘n Suid-Afrikaanse tema nie. Dit is noodsaaklik om na groot hoogtes te reik en
klimaatslim te word, maar dit moet boerderybesit bly. Meganisasie moet gestandaardiseer
word en op ‘n professionele wyse bedryf word, op ‘n kontantlose basis en met behulp van
mobiele tegnologie. Dit moet op plaaslike vlak georganiseer word.
Volgens hom is dit wat hedendaags met boere aan die gebeur is, hulle eie keuse. Hulle kan
besluit of hulle op al die bedreigings wil fokus en of hulle die geleenthede wil raaksien en dit
laat realiseer.
Hy het afgesluit met die raad: Die lewe gaan nie daaroor om te wag vir die storms om verby
te trek nie, dit is om te leer om in die reën te dans.
Die voorsitter het dr. De Jager vir sy toespraak bedank.
17. Toespraak deur mnr. Andrew Makenete – Uitvoerende Direkteur van Manama Hole
Holdings en Calico Capital
Die voorsitter het mnr. Makenete aan die vergadering voorgestel.
“Grondplafonbeleid en wetgewing. Implikasies vir die landbou-ekonomie.”
Terwyl deurentyd geraas gemaak is, het mense graag insette gelewer.
Hy het sy toespraak begin deur te sê hy is gevra om met ‘n spesiale akademikus, prof. Van
Schalkwyk, saam te werk om vorendag te kom met uitkomste en die ekonomiese impak op
grondplafonne.
Hulle het tot die volgende gevolgtrekkings gekom:-
Hulle het vasgestel dat al hoe minder plase in Suid-Afrika groter en groter word. Daar is
39 000 kommersiële en 240 000 opkomende boere in Suid-Afrika (die syfers word egter
betwyfel aangesien dit na verwagting veel hoër kan wees). Die 240 000 dra minder as 5%
by tot die landbou se GDP. 51% van alle boere verdien minder as R300k per jaar en moet
spook en spartel om ‘n bestaan te maak. Weens armoede en werkloosheid is vlakke van
voedselonsekerheid hoog op huishoudelike vlak.
6
Produktiwiteit het beduidende groei getoon. Terselfdertyd is die kosprys van goedere hoog
en winsgewendheid is laag. Deur netto landbouverhandeling van goedere as volmag vir
grond te gebruik, lewer Suid-Afrika nie altyd genoegsame of voldoende oesgewasse om in
sy eie huishoudelike vraag te voorsien nie. Die destabilisasie van die grondmark sal lei tot
die onderbenutting en/of gebrek aan beleggings wat ‘n sensitiewe balans sal versteur.
Hulle het die verwagte uitkomste van wetgewing ten opsigte van grondplafonne ondersoek.
Daarvolgens kan huurarbeiders wat die grond bewerk voordeel trek, produktiwiteit sal
verbeter, daar sal ‘n hersamevoeging van grondkonsentrasie wees, grondverdeling sal
verbeter en so ook billikheid en doeltreffendheid met gelyke inkomsteverdeling en
armoedeverligting.
Hulle het ook die faktore wat ‘n verandering in die grootte van plase sal beïnvloed, onder
die loep geplaas.
Na beraming sal dit onder andere die volgende potensiële impak vir die regering inhou:-
• ‘n Afname in werksgeleenthede
• Dit sal ‘n negatiewe uitwerking op boere hê
• Boere met kleiner boerderye sal nie in die huidige ekonomiese situasie kan
meeding nie
• Dit sal die ekonomiese ontwikkeling ontmoedig van grond wat vir ander produktiewe
gebruike aangewend kan word
• Boere sal vind dat die nuwe wetgewing belegging ontmoedig en sal op die uitkyk
wees na ander geleenthede
• Dit kan lei tot ‘n ineenstorting van grondhuurmarkte
• Boere sal nie in staat wees om hulle werksaamhede uit te brei nie en dit sal ‘n
negatiewe uitwerking op die groter ekonomie hê
• Die assesseringsproses van die uitvoerbaarheid van ‘n grondeenheid is waarskynlik
nie prakties uitvoerbaar nie en is besaai met wetlike uitdagings en probleme van
alle soorte
• Produksieverliese en agteruitgang van natuurlike hulpbronne sal lei tot
voedselonsekerheid
Hulle het tot die slotsom gekom dat, soos in ander wêrelddele, die gevolg van
grondplafonne, sowel as die potensiële uitwerking wat dit op plaaslike vlak sal hê, teen
optimistiese verwagtinge indruis. Die publiek raak vinniger as die regering van die grond
ontslae.
Hulle het die ekonomiese uitwerking op die wetlike proses van nader beskou en bevind dat
dit in wetlike verordeninge vasgevang is. In hulle soeke na ‘n oplossing, het hulle besluit dat
indien die netto impak ‘n groter verspreiding van grond aan opkomende boere beteken,
ander instrumente gevind sou moes word om die doelwit te bereik.. Die vraag is gevra of
gelykheidsdeelmodelle, ens. nie hier gebruik moes word nie.
Hy het gesê die verslag bevorder nie die politieke doelwitte waarna gestreef word nie. Die
regering is ten volle bewus van die gebeure, maar om daarvan te weet beteken nie hulle is
bereid om iets daaraan te doen nie.
Die antwoord is om weg te beweeg van ‘n debat oor grondplafonne en eerder te praat oor
toepaslike grondtoewysings/eiendomme met die fokus op billike verspreiding.
Met verwysing na die plafondebat, het hy gesê daar moet toegesien word dat die regering
doen wat gedoen moet word. Die subtiele veranderings wat plaasvind, spruit voort uit
hoofstuk 6 van die NDP met bepaalde verwysing na:-
• Die grondplafonpolitiek
• Die werklikheid van die Nasionale Ontwikkelingsplan
7
Van die subtiele veranderings lei tot produktiwiteit van stam- en kommunale grond en grond
wat aan begunstigdes van grondhervorming gegee word en dit bring ook beleggings mee in
infrastruktuur as ‘n instrument tot die ontsluiting van die landelike ekonomie.
Die Geïntegreerde Voedselsekuriteit en Voedingsinisiatief is een van die grootste
programme waarby die regering betrokke is. Die regering ag die landbou as uiters
belangrik. Die dryfkrag is groot om hulpbronne na landelike gebiede te bring. Die
veranderde denke is deur die IFSNI teweeg gebring om hulpbronne en grond wat reeds in
die hande van opkomende boere en swart landelike huishoudings is, te gebruik en om
daarop te fokus om grond wat die afgelope 15 jaar bekom is deur die mense self te laat
bewerk en hulle te bemagtig om dit te doen.
Die potensiële implikasies van hierdie skuif is ‘n denkverandering aan die kant van die
regering wat wil sien hoe swart boere, kontrakteurs, insetverskaffers en agribesighede na
vore tree en die grond laat werk. Mnr. Makenete het gesê ons moet ons nie steur aan wat
ons hoor nie, maar weet dat ‘n redelike gedeelte van geld in die toekoms in produksie belê
sal word.
Die NAMC het ‘n mandaat gekry om die proses te bestuur deur die ontwikkeling van planne
vir SIP 11 – agrologistiek en landbouinfrastruktuur. Die regering hersien meer as 10 000
infrastruktuurprojekte, waarvan die meeste nie suksesvol is nie.
Kommersiële landbou moet die aandag toespits op die werklike strukturele veranderinge
wat plaasvind. Die geprojekteerde begroting vir oorgrenshandel en grootmaat infrastruktuur
beloop meer as R11 biljoen en die landbou moet by die debat betrokke raak.
Hy het gesê ons moet ‘n paar goed in gedagte hou. Dit wil voorkom of die regering die
grondeisekwessie begin het om die politieke wil te bevredig. Soos verwag kan word, sal dit
ons verontrus, maar ons moet ons aandag toespits op die strukturele veranderinge wat
plaasvind en met planne vorendag kom om dit meer doeltreffend te maak. Hy het
voorgestel dat kommersiële landbou op groter skaal en meer direk betrokke raak om die
sektor se vordering aan te help.
‘n Afskrif van mnr. Makenete se Power Point aanbieding word aangeheg aan die lêerafskrif
van hierdie verslag. Die voorsitter het hom vir sy toespraak bedank.
18. Toespraak deur mnr. Max du Preez – Politieke kommentator, joernalis en Genoot in
Toegepaste Leierskapwaardes aan die Universiteit van Fort Hare
Die voorsitter het mnr. Du Preez aan die vergadering voorgestel.
Mnr. Du Preez het gesê die meeste Suid-Afrikaners het ‘n gevoel dat iets verander het.
Hoe rotsvas is ons stabiliteit? Die politieke temperatuur het heelwat toegeneem.
Hy het gesê ons moenie oorreageer op die negatiewe magte en die positiwiteit agterweë
laat nie. Ons moet ons analise baseer op ‘n deeglike begrip van hoe ons regering dink. Ons
moet verstaan wat verkeerd kan loop en wat waarskynlik nie verkeerd sal loop nie. Volgens
hom is baie van ons bang vir dieselfde goed as waarvoor ons bevrees was toe die
Nasionale Party in 1990 met die ANC onderhandel het.
Sy raad oor hoe om in Suid-Afrika voorspoedig te wees, is om die nuanses van die regering
te verstaan, om die geskiedenis en hoe dit houdings beïnvloed te verstaan, om te aanvaar
dat hierdie nie Europa of Amerika is nie, dat dinge anders werk in Suid-Afrika, .om meer
strategies en minder emosioneel te wees, om te onthou dat wat ons doen en sê nie so
belangrik is as hoe dit ontvang word nie, om te aanvaar dat die regering ondoeltreffend is
en ophou om te verwag dat hulle probleme sal oplos. Stabiliteit is baie belangriker as die
afwesigheid van oproer. Ook om die stand van die wet te ken en ‘n regverdige, betroubare
en werkbare regstelsel te hê. Hy is van mening dat ons moontlik die veerkragtigste landbou
in die wêreld het. Stabiliteit is gesetel in die groeiende swart middelklas. Met verwysing na
8
stakings en diensleweringsprotesoptogte, het hy gesê dit ondermyn nie ons fundamentele
stabiliteit nie. Een ding wat ons van ander demokrasieë kan leer, is dat die president en die
regering van die dag nie bepaal wie ons is nie. Ons land en sy mense is nog net so sterk as
in 1994 toe ‘n vreedsame skikking bereik is.
Hy het gesê BRICS is ‘n belangrike koalisie om deel van te wees. Suid-Afrika is steeds een
van die openlikste samelewings in die wêreld. Dit het mode geword om na Marikana te
verwys en ons moet wegbeweeg van hierdie Arabiese Oplewing. Suid-Afrika het sy
Arabiese Oplewing in die middel- en laat 1980’s gehad toe ons bloedige rewolusies beleef
het, maar ons het leiers gehad wat die konflik ontlont het en ingestem het tot ‘n
demokrasie. Marikana was ‘n baie beduidende gebeurtenis omdat dit bewys het dat die
ANC nie sy beloftes gestand doen nie. Die regering veg ‘n verkiesing en is glad nie
gemaklik daarmee nie. Daar is toenemende ongelykheid, werkloosheid en armoede en ons
moet dit nie onderskat nie. Die ander katalisator is Robert Mugabe se
verkiesingsoorwinning.
In plaas daarvan om hulle man te staan en verantwoordelikheid te aanvaar vir swak
beleide, verkeerde besluite, selfverryking, korrupsie en swak regering, doen die ANC hulle
bes om die vinger na hulle politieke opponente te wys. Gedurende die afgelope jare het die
ekonomiese klimaat in die wêreld agteruitgegaan en voortuitgang vertraag. Na die
ontbanning van die ANC moes hulle skielik die ekonomie beheer. Ons moet die wêreld
herverseker dat alles wel is met ons. Hy glo dit sou beter gewees het as die regering nie so
gou van ervare en vaardige mense ontslae geraak het nie. Die grootste fout wat die ANC
gemaak het, was om die onderwysstelsel te laat verkrummel. Swart onderwys is ‘n ramp en
moet reggestel word.
Mnr. Du Preez was van mening dat Polokwane ‘n laagtepunt in die ANC se geskiedenis is.
Dit, tesame met die kriminele klagte teen die president en openbaringe oor sy private lewe,
het sy aansien laat daal. Julius Malema het met vinnige en maklike oplossings gekom wat
byval gevind het by baie wat nie hoop vir die toekoms gehad het nie. Hy het gehoop om net
so gewild soos Mugabe te word.
Aan die positiewe kant het die regering 2.4 miljoen huise beskikbaar gestel, miljoene het
toegang tot vars water en spoeltoilette en miljoene oorleef op staatstoelaes.
Armoedeverligtende staatstoelaes het bygedra tot ons stabiliteit. In Suid-Afrika is
ongelykheid ‘n groter probleem as armoede. Die ANC het baie steun verloor. Mnr. Du
Preez het verwys na Helen Zille en die Demokratiese Alliansie en gesê mens moet respek
hê vir ‘n middeljarige huisvrou wat die politiek betree – dit verg definitief moed. Die DA is
besig om te herdefinieer. Die volgende verkiesing vind plaas in Mei 2014 en die regering is
skrikkerig want as hulle gewildheid aanhou daal, kan dit in 2019 tot onder 50% daal.
Minderheidsgroepe is ook op die uitkyk om te sien of daar nie alternatiewe is waarvoor
hulle kan stem nie. By Mangaung in Desember verlede jaar, het die ANC Cyril Ramaposa,
‘n baie invloedryke politikus en ‘n vooraanstaande sakeman as vise-president voorgestel.
Mnr. Du Preez het voorspel dat Cyril Ramaposa in Mei 2014 die land se vise-president sal
wees. Volgens hom is president Zuma nie goed vir die ANC se beeld nie en hy glo nie hy
sal die hele termyn van vyf jaar voltooi nie. Op papier kan Cyril Ramaposa die volgende
president wees, maar indien die ANC in KZN enige sê het, sal Cyril Ramaposa moet
terugstaan vir óf Nkosazana Dlamini-Zuma óf Zweli Mkhize. Watter kant toe dit ookal gaan,
dit sal net beter word.
By Mangaung was daar nie betogings nie, maar die ANC se Jeugliga is finaal ontbind en ‘n
finale aankondiging is gedoen dat die nasionalisering van banke en myne nie ANC-beleid is
nie en nooit sal wees nie. Daar is ook ooreengekom om die Nasionale Ontwikkelingsplan
daar te stel. Daar is ‘n verslapping in arbeidswetgewing en die regering se betrokkenheid in
die ekonomie. Hy het gesê Cyril Ramaposa het nie teruggekeer om vertrap te word nie. Hy
is ‘n egoïs en wat by hom saak maak is sy nalatenskap. Hy het gekies om na die politiek
terug te keer omdat hy besorg is oor sy nalatenskap.
9
Mnr. Du Preez sê onder meer die volgende oor aanstaande jaar se verkiesing. Ons moet
vasgord – die volgende paar maande gaan rof wees. Ons moet kalmeer en dinge nie té
letterlik opneem nie. Die DA het die bes geoliede verkiesingsmasjien in die land. Dit is
uiters belangrik dat Mamphela Ramphele in die Parlement moet kom. Dit is belangrik dat
ware goeie leiers Parlement toe gaan. Me. Ramphele sal toesien dat die politiek ‘n
ommeswaai beleef. So ver dit Julius Malema aangaan, lê die land braak vir hom om sy
saadjies te plant. Hy is arrogant en dink hy kan die mense oorhaal om vir hom te stem.
Mnr. Du Preez hoop dat Julius Malema minder stemme as me. Ramphele sal kry. Die ANC
begin nou besef dat Suid-Afrikaners nie so verdraagsaam teenoor korrupsie in die regering
is nie. Hy sê Lindiwe Sisulu moet produktiwiteit in die staatsdiens verhoog. Volgens mnr.
Du Preez lê die probleem daarin dat te veel energie bestee word daaraan om die president
uit die hof, uit die tronk en weg van skandale te hou. Nkandla is ‘n skande en hy glo die
kanse is goed dat die president die amp op ‘n waardige wyse vaarwel sal toeroep. Hy dink
die volgende verkiesing gaan ‘n waterskeiding wees en ons het leiers nodig, nie ‘n
verdeelde party nie, iemand om na vore te tree en die respek van vervloë jare af te dwing.
Aan die positiewe kant het hy genoem dat ons ekonomie nou ongeveer 65% sterker is as in
1990 en die swart middelklas het ‘n ongekende groei van 240% getoon. Hy het gemaan dat
ons nie histeries moet raak by die aanhoor van die radikale uisprake wat deur ‘n paar
vuurvreters gemaak word nie.
Met verwysing na grondhervorming, was sy mening dat die noodsaak tot ware
landbougrondhervorming en die emosionele vraag bestuur moet word. As die regering
grond op die ope mark koop, sal dit veel minder as 30% beloop. Miljoene het verlore
gegaan as gevolg van burokratiese knoeiery, swak bestuur en korrupsie. In ‘n opname om
vas te stel wie grond soek, het die meeste respondente geantwoord dat hulle nie grond
soek nie, hulle wil eerder naby stede woon. Die meeste van die grondsoekers het 5% of
minder grond verlang. Cyril Ramaposa het gesê ons moet die plan beskou in
ooreenstemming met plaaslike omstandighede en dan sê watter grond te koop aangebied
moet word.
Mnr. Du Preez het ernstige vertoë tot georganiseerde landbou gerig om intellektuele taktiek
te gebruik en om betrokke te raak. Hy het gevra wie wil ons hê moet die landbou
verteenwoordig. Sal ons nie dalk die verkeerde boodskap uitstuur as ons die verkeerde
verteenwoordiger stuur nie?
Ter afsluiting het hy gesê in die lig van die huidige gebeure word algemeen aanvaar dat
swartes swakker daaraan toe is as in 2004 – dit is ver van die waarheid af. Volgens hom is
daar te veel sinvolle mense wat baie het om te verloor as dinge verkeerd loop. Ons moet
kyk wat gaan volgende jaar gebeur. Ons is die argitekte van ons eie toekoms en ons moet
dit besef en dit laat gebeur, volgens mnr. Du Preez. Suid-Afrika is steeds die land met baie
geleenthede.
‘n Afskrif van mnr. Du Preez se toespraak is aangeheg aan die lêerafskrif van hierdie
verslag.
Die voorsitter het dr. De Jager en mnre. Makenete en Du Preez bedank vir hulle tyd en
insette.
9. Paneelbespreking en insette deur afgevaardigdes
Die voorsitter het die vloer vir debat oopgestel.
Mnr. Fritz Botes, Hattingspruit Boerevereniging, wou weet na hoeveel jaar van demokrasie
kan blankes verwag om as Suid-Afrikaners gereken te word. Sal ons ook daardie reg
verkry?
10
Mnr. Craig Carter, Dundee Boerevereniging het gesê hy is positief oor boerdery. Hy wou
egter weet wanneer gaan ons meer toerekenbaarheid en verantwoordelikheid met
grondhervorming ervaar?
Mnr. Jan Smith, Ingogo Boerevereniging het vertel dat sy vrou in Newcastle skoolhou en
die meeste van die leerders wil dokters en prokureurs word, maar nie een wil ‘n onderwyser
word nie. Die onderwys is in die pekel en dieselfde geld vir die landbou. Hy het gesê die
landbou word nie dermate bevorder dat jongmense graag opleiding wil ontvang om boere
te word nie. Ons moet probeer om daarop te fokus om mense op te lei in boerderyrigtings
wat hulle graag wil inslaan. Hy het voorgestel dat geld van die Ontwikkelingslessenaar
gebruik moet word om landbou onder jongmense te bevorder.
Mnr. Du Preez het geantwoord dat ras en identiteit van die moeilikste onderwerpe is. Hy is
van mening dat ons oor na-ras moet kan praat. Ras is nie belangrik nie (nie-rassigheid)
maar so lank as armoede en ongelykheid bestaan, sal ras bestaan.
Wat toerekenbaarheid en verantwoordelikheid betref, moet leiding deur die regering verskaf
word maar daar is ‘n probleem met korrupsie in die regering. Dinge is egter aan die
verander en ons moet grond vir meer as net ‘n slagspreuk gebruik.
Met verwysing na die onderwys het hy gesê dit is ‘n emosionele saak.
Mnr. Makanete het gesê ons moet begin om ongelykhede reg te stel. Hy wou weet wat ons
as boere daaraan doen. Sonder goeie voorbeelde gaan jy nie goeie onderwysers kry nie.
As ‘n regering sê jy kan ‘n gratis huis kry sal jy dom wees as jy nee sê. Die regering moet
eerder sê – watter soort grond soek jy? Hoe kategoriseer en klassifiseer mens die strewes
van swart mense? Hoe kan ons help om ‘n oplossing te vind? Dit is ‘n lang en stadige
proses. Laat diegene weg wat nie wil hê nie en kry diegene wat grond vir
boerderydoeleindes wil gebruik.
Dr. De Jager het gesê die huidige regering maak baie foute, maar baie foute is voor 1994
gemaak en baie foute sal nog gemaak word. Die kommersiële agenda word gereeld by die
vergaderings geopper. Ons sal nie as kommersiële boere oorleef as ons nie die probleme
van opkomende boere aanspreek nie. Moenie enige werkbare planne van die
departemente verwag nie – jy moet deel van die planne wees. Volgens hom gee boere nie
aan die landbou ‘n mandaat deur met moontlike oplossings vorendag te kom nie. Die
landbou moet iets tasbaars na die tafel bring, iets wat ons sal help om as kommersiële
boere te oorleef en iets wat die regering sal help om sy verpligtinge na te kom. Na die
verkiesing sal daar nuwe gesigte wees. Ons moet nou planne beraam en oplossings vind.
Ons moet die opkomende sektor help om sukses te behaal. As ons nie nou daarin slaag nie
sal daar oor 20 jaar van nou af nie meer iets soos ‘n kommersiële sektor bestaan nie.
Die voorsitter het die sprekers vir hulle bydraes bedank.
Mnr. Black het Brian Aitken bedank vir sy leiding die afgelope twee jaar. Sy unieke
leierskapstyl is veral bewonderingswaardig. Hy het sy dank uitgespreek teenoor die Raad
wat hom tot president verkies het. Om invloed op enige spel uit te oefen, moet jy deel van
die spel wees, het hy gesê. Hy is passievol oor landbou, passievol oor Afrika en passievol
oor sy rol in die landbou in Afrika.
Hy het gesê uitstekende uitsprake en ontnugterende openbaringe is deur die sprekers
gemaak. Dialoog is die enigste pad vorentoe en omdat oplossings moeilik te vinde sal wees
moet verskillende kanale gevind word. Hy glo ons het die vermoë verloor om aanmatigend
te wees. Ons moet kommer uitspreek en beswaar aanteken en dinge nie sonder meer
aanvaar nie. In soverre dit die beeld van die boer aangaan, moet ons positief en beslis
optree om die beeld te verander. Leierskap moet van jongs af aangeleer word. Hy het ‘n
beroep op die landbou gedoen om die beste jong leiers in posisies te plaas waar hulle tot
diens kan wees. Hy het toegegee dat dit ‘n langsame proses is maar bygevoeg dat
11
persoonlike groei plaasvind deur ander mense te ontmoet en sake te bespreek. Volgens
hom gaan strategie daaroor om dinge reg te doen.
Hy het enige iemand met voorstelle vir verandering genooi om met hom in verbinding te
tree.
Ter afsluiting het hy gesê dat ten spyte van groot uitdagings wat voorlê, bly hy steeds
optimisties oor die toekoms en hy het gemaan dat ons moet saamstaan en die Organisasie
ondersteun.
21. Afsluiting
Mnr. Aitken het die afgevaardigdes bedank wat die Kongres bygewoon het, asook die
beamptes van die onderskeie departemente, Kwanalu se personeel vir hulle werk en die
media, pers en borge vir hulle ondersteuning. Hy het sy steun toegesê aan die nuwe leiers
van Kwanalu en Mike Black geluk gewens met sy verkiesing as president en so ook
Phineas Gumede en Andy Buchan wat as vise-presidente gekies is. Laastens het hy die
boerderygemeenskap bedank vir hulle ondersteuning.
Mnr. Sisa Damoyi is versoek om ‘n gebed te doen.
Die voorsitter het die vergadering om 14:10 afgesluit.
22. Middagete
Die middagete is na die Kongres bedien.
Kwanalu
Posbus 100123
3209 SCOTTSVILLE
Tel: 033-342 9393
Faks: 033-345 7141
epos: director@kwanalu.co.za
12 September 2012
NA-KONGRESNOTA
Die Bestuurskomitee (Manco) is by die bestuursvergadering na die Kongres verkies. Saam met
die president en vise-presidente is die volgende persone tot Manco verkies:-
Mnr. Christopher Hadebe Me. Lisa Robertson
Mnr. Sisa Damoyi Mnr. Scot Scott
Mnr. Andrew Mason Mnr. Ian de Jager
Mnr. Ken Robinson
N:\MAIN\Issues\Congress\2013\Presentations\Congress Report 2013 Eng.doc