Facebook Pixel

Kwanalu

Agri SA verwelkom DALLRD-direkteur-generaal | DALLRD director-general welcomed by Agri SA

English to follow:

5 November 2021

Agri SA verwelkom die aanstelling van mnr Mooketsa Ramasodi as direkteur-generaal (DG) by die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling. Sy aanstelling is bekend gemaak in ʼn verklaring uitgereik deur die kabinet op 3 November 2021.

“Mnr Ramasodi het as waarnemende DG in die departement gedien en is vertroud met die verskeie uitdagings en geleenthede wat boere, plaaswerkers sowel as die agro-waardeketting ervaar. Hy het ’n lang geskiedenis in die departement, met inbegrip van die bestuur en implementering van bio-sekuriteitsrisikoplanne en die bestuur en implementering van die bio-sekuriteit- en voedselveiligheidsraamwerk by hawens,” sê Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA.

Die DG hou toesig oor verskeie sleutelfunksies, onder meer die grondhervormingsproses, insluitend grondbesit en volhoubare ontwikkeling, die implementering van grondhervormingsbeleid en -programme, die registrasie van titelaktes en ander dokumente, asook koördinering van die ekonomiese kluster se aktiwiteite.

Agri SA heet mnr Ramasodi hartlik welkom en wens hom sterkte toe.

Navrae:

Christo van der Rheede

Agri SA: Uitvoerende Direkteur

****************************

5 November 2021

Agri SA welcomes Mr Mooketsa Ramasodi as newly appointed Director-general (DG) at the Department of Agriculture, Land Affairs and Rural development. His appointment was made public in the cabinet statement of 3 November 2021.

“Mr Ramasodi was the acting DG in the department and is familiar with the various challenges and opportunities experiences by farmers, farmworkers as well as the agro-value chain. He has a long track record in the department from the management and implementation of biosecurity risk plans and the management and implementation biosecurity and food safety regulatory framework at ports of entry,” says Christo van der Rheede, executive director of Agri SA.

The DG oversees a variety of key functions, which amongst others includes the land reform process, including land ownership and sustainable development, implementation of land reform policies and programmes, register deeds and other documents and the coordination of activities of the economic cluster.

Agri SA extends a warm welcome and its best wishes to Mr Ramasodi.

Enquiries

Christo van der Rheede

Agri SA Executive Director