fbpx

Kwanalu

Afname in werkgeleenthede in die landbousektor stuur ’n kommerwekkende boodskap | Decrease in agricultural sector employment a worrying sign

English to follow:

28 Februarie 2023

Agri SA is ongelukkig oor die afname in indiensneming in die landbousektor, soos gerapporteer deur Statistieke SA in die kwartaallikse arbeidsmagopname vir Kw4: 2022. Die verslag, wat op 28 Februarie 2023 bekendgemaak is, toon ’n afname van 12 000 werkgeleenthede in die landbousektor.

Hoewel die verlies aan werkgeleenthede tans marginaal is, dui dit op die toenemend uitdagende omgewing waarin boere hulle bevind. Die sektor het bewys dat hy uiters veerkragtig is en is selfs op die hoogtepunt van die Covid-19-pandemie onder die beste presterende sektore gereken. Die gety draai egter vir een van die land se mees arbeidsintensiewe sektore – stygende insetkoste, endemiese beurtkrag en verkrummelende infrastruktuur plaas groot druk op die landbousektor. Die beloftes wat die president in sy die onlangse staatsrede gemaak het, behoort ’n onmiddellike prioriteit te wees om werkgeleenthede te help red en die land se voedselsekerheid te waarborg.

Duidelikheid is nodig oor die regulasies wat die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake vir die ramptoestand oor die energiekrisis gepubliseer het. Hoewel voedselproduksie en -berging as noodsaaklike infrastruktuur ingesluit is, is besonderhede nodig oor wat dit behels en watter verligting dit vir boere sal bied.

Boonop moet die verlenging van die dieselheffingkorting gepaard gaan met bespoediging van die verwerking van eise en ’n vermindering in die knellende rompslomp wat die stelsel tans kniehalter. Dit is die enigste manier om die voortslepende las van beurtkrag op boere te verlig en kritieke landelike werkgeleenthede te behou.

Dringende optrede is nodig om die landbousektor te beskerm en Agri SA bly daartoe verbind om ondersteuning vir die sektor te verseker, sodat ons kan voortgaan om voedselsekerheid en ’n lewensbestaan in hierdie uitdagende tyd aan Suid-Afrikaners te bied.

Medianavrae:

Johan Wege

Voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Arbeid

Christo van der Rheede

Hoof- uitvoerende beampte van Agri SA

 ********************************

28 February 2023

Agri SA is distressed by the decrease in agricultural sector employment as reported by Stats SA in the Quarterly Labour Force Survey for Q4: 2022. The report, released on 28 February 2023, shows a decrease of 12,000 jobs in the agricultural sector.

Though the loss of jobs is marginal for now, it points to the increasingly challenging environment in which farmers operate. The sector has shown itself to be remarkably resilient and was counted among the best performing sectors even at the height of the Covid-19 pandemic. But the tide is turning for one of the country’s most labour-intensive sectors – rising input costs, endemic load shedding, and crumbling infrastructure is placing severe strain on the agricultural sector.

The commitments made by the President in the recent SONA need to be an immediate priority to help save jobs and guarantee the nation’s food security.

Clarity is needed on the regulations published for the State of Disaster on the energy crisis by the Minister for Cooperative Governance and Traditional Affairs. While food production and storage have been included as essential infrastructure, detail is needed as to what this entails and what relief it will provide for farmers.

Moreover, the extension of the diesel levy rebate must be accompanied by the fast-tracking of the processing of claims and a reduction in the onerous red tape currently hampering the system. This is the only way to alleviate the ongoing burden of loadshedding on farmers, preserving critical rural jobs.

Urgent action is needed to protect this sector and Agri SA remains committed to ensuring support for the sector so we can continue to provide both food security and livelihoods at this challenging time for South Africans.

Media enquiries:

Johan Wege

Chair of Agri SA’s Centre of Excellence: Labour

Christo van der Rheede

Agri SA, Chief Executive officer