• Subscribe
  • Login
+27 33 342 9393

General Information and News Monitoring

of interest...

Shell blaas die aftog

Lees op hoe hy sy Karoo-hidrobreking ‘afskaal’

Beeld
Elise Tempelhoff

Shell het belangstelling verloor in hidrobreking op sowat 90 000 km² in die Karoo.

Die multinasionale olie-en-gasmaatskappy het Donderdag toegegee hy het sy Karoo-projek “afgeskaal” en ’n klomp werknemers afgedank.

Dineo Pooe, Shell se Suid-Afrikaanse woordvoerder, het by navraag gesê met die lae olieprys was Shell genoodsaak om sy bedrywighede in die Karoo af te skaal.

Boonop wag Shell nog op die departement van minerale bronne om duidelikheid te gee oor die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleum hulpbronne, sê Pooe.

Maar Shell is steeds verbind tot sy ander projekte in SuidAfrika.

De rek Light, regsverteenwoordiger van 400 grondeienaar sin die Karoo, het gister gesê Shell se aankondiging is ’n groot verligting.

“Ons het nege jaar lank baklei om dié maatskappy van sy planne te laat afsien.”

Light sê hy is nie verbaas oor Shell se aankondiging nie, want die projek sou nie vir sy aandeelhouers lonend gewees het nie.

“Hierdie projek het Shell nou al baie geld uit die sak gejaag. Buitendien sou Shell miljoene liters water van iewers moet invoer vir hidrobreking.

“Die maatskappy het ook die omvang van die gasreserwes ver oorskat.

“Nie een van die toetsgate wat Shell geboor het, het ekonomies ontginbare volumes gas gelewer nie,” sê Light.

Shell het aanvanklik vermoed daar is 485 triljoen vierkante voet (Tcf/Tvv) gas in die Karoo, terwyl studies toon daar is waarskynlik sowat 13 triljoen vierkante voet.

Dié bevindings is in September verlede jaar in die Journal of

Science gepubliseer. Die navorsing is gedoen deur navorsers van die Universiteit van Johannesburg, die Raad vir Geowetenskappe en die Portsmouth-Universiteit.

Volgens Light het Shell propaganda gebruik om mense se guns te wen toe hy gesê het hy gaan 400 000 werkgeleenthede skep. Studies het later gewys die projek sou net werk vir 3 000 mense kon geskep het.

Light sê diegene wat teen Shell geveg het, het baie stamina gehad. Dit het die mense ook ’n enorme klomp geld gekos om hof toe te gaan.

Jonathan Deal van Treasure the Karoo Action Group (TKAG), wat ’n internasionale veldtog teen Shell se planne gevoer het, het aan The Herald gesê Shell het onder volgehoue druk geswig.

Dr. Stefan Cramer, ’n hidroloog van die Suider-Afrikaanse Geloof s gemeenskappe( Saf c ei ), sê die instituut is baie in sy skik met Shell se besluit, maar was dit te wagte.

“Hidrobreking het geen plek in die Karoo nie en die enigste pad vorentoe is belegging in hernubare energiebronne.”

Cramer het ook daarop gewys dat Peninsula Energy, ’n Australiese maatskappy, hom in Maart aan die Karoo onttrek het. Dié maatskappy wou uraan op

700 000 ha naby Beaufort-Wes ontgin.

Volgens Cramer kan die Karoo nou weer asemhaal.

Light het gesê enige verdere aansoeke om hidrobreking in die Karoo sal teengestaan word.

Pooe sê Shell gaan geen verdere kommentaar op die saak lewer nie.