• Subscribe
  • Login
+27 33 342 9393

General Information and News Monitoring

of interest...

Planne om met hidrobreking in ‘n deel van KwaZulu-Natal te begin, is deur die Wes-Kaapse Hooggeregshof gestuit.

Oorwinning vir boere in hidrobrekingsaak

Landbou.com
4 Mei 2017
Deur Corli van der Merwe

Boere in KwaZulu-Natal het ’n groot oorwinning in die Wes-Kaapse Hooggeregshof behaal met die tersydestelling van ‘n aansoek om eksplorasieregte op meer as 800 000 ha in die noorde van KwaZulu-Natal.

Rhino Oil and Gas Exploration South Africa het in 2015 en 2016 ’n kennisgewing van aansoek om eksplorasie ingedien om in die KwaZulu-Natal se Middellande én in die noorde van dié provinsie met hidrobreking te begin. Meer as 1 600 000 ha en 15 000 plase word deur die aansoeke geraak.

Groot prys
Volgens ‘n verklaring van die landbou-unie KwaNalu, is lede en die publiek ingelig van dié verwikkelinge en het ‘n plaaslike boer, mnr. Sean Hoatson, regstappe geneem. Me. Sandy la Marque, uitvoerende hoof van Kwanalu, het die beslissing verwelkom en as ‘n groot verligting vir plaaslike boere beskryf.

“Eksplorasie vir gas en minerale word teen ‘n groot prys vir die omgewing gedoen. Dit het die potensiaal om skaars waterbronne te besoedel, word geassosieer met ernstige gesondheidsprobleme en bedreig plaaslike besighede wat tot werksverliese en ekonomiese onstabiliteit kan lei.

Hidrobreking word gesien as een van die grootste bedreigings vir die landbou en omgewing in Suid-Afrika,” sê La Marque.

Sy het boere van die KwaZulu-Natal se Middellande verseker dat die regsproses om die ekspolarie-aansoek vir dié streek teen te staan, goed vorder.