Kwanalu - Kwazulu-Natal Agricultural Union, South Africa
Kwanalu logo


Regering moet regeer en nie blameer

30 Julie/July 2012

Die Regering moet verantwoordelikheid neem en doelgerig optree om die vlaag van swak administrasie, onnodige burokrasie en korrupsie op alle regeringsvlakke hok te slaan het Johannes Möller, President van Agri SA gesê tydens Agri Oos-Kaap se kongres wat verlede week in Port Elizabeth plaasgevind het.

“Om die verlede te blameer of om die skuld op sogenaamde kapasiteitstekorte te plaas, gaan gewoon nie meer af by die publiek en spesifiek belastingbetalers nie. Infrastruktuur wat verval, waterhulpbronne wat vanweë munisipale onbeholpenheid oor ‘n wye front aan uiterste besoedeling blootgestel word en selfs die onvermoë om skole van handboeke te voorsien kan gewoon nie meer geduld word nie”, sê Möller.

Volgens Möller wil Agri SA ook nie slegs op die kantlyn staan en kritiseer nie. “Ons verstaan die uitdagings waarmee die regering te kampe het wat insluit grondhervorming, armoede-verligting en werkskepping maar meer nog dat landbou-produksie wêreldwyd in die afsienbare tyd basies sal moet verdubbel om voedselsekuriteit tot ‘n redelike mate te verseker. Suid-Afrika sal nie hiervan kan ontkom nie en plaaslike landbou-hulpbronne sal verseker nie vir politieke opportunisme opgeoffer kan word nie”, aldus Möller.

Volgens Möller word plaaslike landbouleiers voortdurend gekonfronteer met vrae oor of die voortsetting van boerdery-aktiwiteite in Suid-Afrika hoegenaamd nog oorweeg moet word en of verdere investering deel van die beplanning moet vorm.

“Niemand kan die toekoms met sekerheid voorspel nie maar dit is duidelik dat daar wel realisme by die regering bestaan oor die noodsaak om kommersiële landbou in stand te hou. Hiersonder sou die benadering tot die landbou en spesifiek grondhervorming veel anders verloop het tydens die onlangse konferensie van die ANC”, sê Möller.

Volgens Möller is onderhandelings oor grondbesit uitdagend, maar hy het voldoende vertroue in die proses om boere aan te moedig om steeds met entoesiasme te boer en verder te investeer. “Die ontwikkeling van beleidsvoorstelle na aanleiding van die Groenskrif oor Grondhervorming word na my mening onder die leiding van Minister Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, op ‘n verantwoordelike wyse gedryf en ons sal op basis hiervan deel van die proses bly”, sê Möller.

Möller sê dat sy onlangse besoek aan Zimbabwe hom weer onder die indruk gebring het van die tragiese landbou-verhaal wat daar afgespeel het. “Ek het voldoende vertroue in plaaslike regeringsleiers dat die humanitêre krisis wat tans in Zimbabwe afspeel nie hier herhaal sal word nie”, het Möller gesê.

Uitgereik deur Agri SA, Direktoraat: Korporatiewe Skakeling

Search Website
 
Phone: +27 33 3429393
Fax: +27 33 3457141
Kwazulu-Natal Agricultural Union Blog      Kwanalu Blog Kwanalu Blog
Kwazulu-Natal Agricultural Union Blog      Update Us    Kwanalu Blog
Help keep us updated about activities and issues in your area. Click here
Kwazulu-Natal Agricultural Union News
     News Room  Kwanalu RSS News Feed    
Way farmers are charged for water set to change: government
22/05/2013
We don't have a target date for starting,
Read More...
Shot farmer drives himself to hospital
22/05/2013
We feel safe here because we work very well with local people.
Read More...
Cattle farmer shot in stomach
22/05/2013
“He was worried about his staff and wanted to help...
Read More...
Land claims: Govt forks out nearly R1bn
21/05/2013
Almost R1bn in financial compensation was paid to land claimants in the last financial year
Read More...
SACAU ELECTS A NEW BOARD OF DIRECTORS
20/05/2013
Dr. Theo de Jager, Deputy President of Agri-SA was elected Chairman/President of the Board of SACAU at its AGM which was held in Dar es Salaam, Tanzania on 15 May 2013.
Read More...
Eskom partners with the SABC to launch the Power Bulletin
20/05/2013
Eskom has today partnered with national broadcaster, the South African Broadcasting Corporation (SABC), in an innovative effort to promote energy efficiency and to "Beat the Peak" this winter
Read More...
PROJEK SUIDERKRUIS BEKEND GESTEL (English & Afrikaans)
20/05/2013
Projek Suiderkruis, ondersteun deur Voermol, is vandag in Bothaville bekendgestel tydens Agri SA se middagete funksie as ‘n fondsinsamelingsinisiatief vir die bevordering van landelike veiligheid
Read More...
Agricultural Produce Marketing Bill
20/05/2013
The Department of Agriculture, Forestry and Fisheries would like to invite members of the media, the public and institutions to public hearings on the Bill during the month of May 2013
Read More...
KZN farm murder suspect held
16/05/2013
Police have arrested a man for the murder of farmer Peter Hackland, 61, in Carisbrook, Ixopo, on 7 May 2013.
Read More...
Farmer shot dead on eve of retirement
16/05/2013
An Ixopo farmer was shot dead and his female associate was attacked and wounded in his house in broad daylight on Tuesday.
Read More...
DA, ANC bury pitchforks to fix farm crisis
03/05/2013
Recent strife in the ­Western Cape's agriculture sector has aggravated already tense ­political relations between
Read More...
Public consultations on municipal boundaries to kick off
03/05/2013
The Municipal Demarcation Board (MDB) has published additional dates for the consultation process in municipalities
Read More...
Staat se rol in Wes-Kaapse arbeidsonrus benodig verdere opklaring
01/05/2013
Agri SA verwelkom Minister Tina Joemat-Pettersson se bevestiging dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, ruimskoots tot die befondsing van die BAWSI
Read More...
Some good news for landowners
30/04/2013
Durban - The KwaZulu-Natal Department of Rural Development and Land Reform has been allocated a budget of close to R600 million to help them in settling or restoring land claims
Read More...
Web Design & Hosting by FirstNet | Disclaimer | Sitemap © Copyright Kwanalu 2008